22.2.12

Naweek in die wildtuin

Ons het middel Januarie uitgekamp saam met die pêlle by Berg-en-dal. Die veld is pragtig groen en die wild is pragtig vet. Ons het baie van 'n kort kuiertjie gemaak. Almal het die kampery baie geniet. Die kinders het gespeel asof daar nie weer speelkans gaan wees nie.






Sussa hou van skoonmaak.


Jan-Hendrik, Nico en Theunsie.









Interessante klipformasie buite Berg-en-dal, naby die dam.





Wat my opgeval het met hierdie besoek was die pragtige veldblomme. Ek het so 'n paar probeer afneem.





Ek en 'n verkleurmannetjie by Berg-en-dal het nogal 'n geskiedenis.


Lekker nat gereën; probeer vlerke droog kry.



Ons het vreeslik baie renosters gesien, maar elke keer is jy hartseer met die gedagte dat jy hulle dalk nie weer gaan sien nie. Stropery het nou 'n baie groot probleem geword in die wildtuin. Niemand weet wat om hieroor te doen nie.




So!! So eet mens middagete langs die swembad.








Ons het ook sommer die naweek gebruik om Theunsie se verjaardag te vier.


Cheers!! Op Theuns!!