9.10.12

Oos Londen - 'n finale kykie...

Ek en Marinda was mid-September vinnig Oos Londen toe om net finaal verblyf te gaan kry vir ons groot trek in Oktober. Ons het by die Blue Lagoon hotel in Beacon Bay gebly vir 'n paar dae.


Heelwat gekuier. Amper gevoel soos honeymoon.



En so verken ons elke hoekie en draaitjie rondom die area waar ons 'n huis gaan huur. Die strande is onbeskryflik mooi.










Marinda se dit lyk vir haar of 'n man hier op sy rug begrawe is...


Die hotel vanaf die strand se kant.



Die straat waarin ons gaan huur ("Dunes" dink ek)



Die huis waarin ek en my gesinnetjie gaan bly vir nou (huur kontrak geteken vir 6 maande)






Die hotel (Blue Lagoon)


Die hotel het pragtige tuine. Ek was verbaas - hier is meer koraalbome en clivias as by die huis (Nelspruit)





Ons het ook tydens ons besoek aan Oos Londen 'n rondte gholf gaan speel op die bekende OL gholfklub. Heerlike baan, moeilike nou fairways, korterige interesante par 4's. Twee seisoene in een rondte - vrek warm en windstil die eerste nege, koud en vreeslik winderig die tweede nege. Soveel ekstra uitdagings op 'n gholfbaan by die kus.



Marinda het self goed gespeel. In Oos Londen gaan die twee van ons (en later die vier van ons) BAIE gholf speel. Jan-Hendrik gaan sommer in Januarie gholflesse begin neem by die klub.








By hierdie draaipunt van die baan het die wind skielik opgekom, asof iemand 'n knoppie gedruk het. 
Veemd, baie vreemd...






Altyd voordelig om 'n lae gravitasiepunt te he as jy in die wind probeer speel.


Marinda spook om uit 'n bunker te kom op die laaste gat.


Die uitsig vanuit ons hotelkamer.


Ons het ook vinnig gaan kyk hoe lyk die Wesbank gholfbaan. Pragtige baan met 'n ou geskiedenis, maar ongelukkig in 'n swakker deel van die stad (by die hawe). Ek sal hier kom speel van tyd tot tyd, maar as die wind waai gaan hierdie baan jou verniel...



Oorkant die rivier is die woonbuurt waar ons graag 'n huis sal wil soek - Nahoon; naby die skool, naby die werk. Ons sal ons tyd vat en ons huiswerk volledig doen wanneer ons hier aankom.