Vroeg in November het ons (die laboratorium) een van die waterpunte op die Kaapsehoop Marathon beman; BAIE vroeg opgestaan, om betyds langs die pad te kom vir die eerste hardlopers.
Ons het vir Jan-Hendrik mooi geleer hoe om die watersakkies vas te hou; hier-en-daar het die mense sy sakkies gegryp. Omdat hy die kleinste was het sommige mense direk na hom toe gehardloop vir water. Hy het dit vreeslik snaaks gevind.
Pappa het gesorg vir ontbyt.
Toe ons klaar was het ons vir Marinda-hulle gaan help by hulle waterpunt.
En my prinsessie was ook daar!!!!