Die plek is vreeslik skoon; baie netjies; en daar is 'n wonderlike outydse atmosfeer wat nog heers. Dis net spesiaal om te dink wat al alles in die dorpie gebeur het in die afgelope 200 jaar.
Ons het by die Royal hotel oorgebly; dit vat my terug na my kinderdae toe ons verblyf daar oorskadu is deur die dood van 'n ene Cruise (verkleurmannetjie); laaaang storie....
Hier is die huis waar Oupa en Jan-hulle gebly het; net om die draai van die bankhuis af...
Sussa was ook daar; al goed deel van die familie.
Die wonderlike mense in ons lewens...
Jan (lus vir wildkyk; wil vroeg gaan slaap; so opgewonde soos altyd oor Wildtuin vakansie)




Ek het bietjie met van die locals gesels en almal is baie negatief - te min geld, te min toeriste, inbrake, diefstal, ens. Ons het niks daarvan gesien nie; die plek is eintlik pragtig, maar ek het begin wonder hoekom dinge dalk bietjie agteruit gegaan het in die ou Oos-Transvaal streek; en toe sien ek dit. Dit maak nou vir my sin...