Nog 'n lekker sonnige Saterdagmiddag besig om aan Lana se kamer te werk. Die vloer was nog nie heeltemal klaar nie - ek moes nog die lysies (skirtings) doen.
Die huis was al weer 'n lekker gemors - alles deurmekaar en vol stof... Jan-Hendrik het my stap vir stap gehelp; om elke stukkie hout te saag, vas te hou, elke spyker in te slaan... en 'n paar ekstra spykers natuurlik...