25.5.10

2010 Comrades Ete

Afgelope Saterdagaand - die tradisionele Comrades ete by die Humans se huis. Die tema hierdie jaar was die Sokker Wêreldbeker, en elkeen het toepaslik aangetrek. Die "set" was ook baie goed opgemaak in Wêreldbeker motiewe. Die Humans'e het duidelik baie moeite gedoen.
-----------------------------------------------------
Die nodige verversings is ook aangebied.


-----------------------------------------------------
Dis darem moeilik om elke oomblik 'n rolmodel vir jou seun te wees. Ek het hom mooi geleer dat hy moet maak soos ek sê, en nie soos ek doen nie (net 'n grappie; ek's 'n goeie Pa).
-----------------------------------------------------
Die swanger fairy was ook daar, en het haarself mooi stil gedra. Haar man was egter nie so onskuldig nie. Dis hy wat die drank uitgedeel het...

-----------------------------------------------------
Almal was behoorlik in die gees vir kuier.

-----------------------------------------------------
My beste poging tot 'n toi-toi. Ek is nou eenmaal nie swart nie.

-----------------------------------------------------
Die hele groepie (behalwe die een agter die kamera natuurlik; ek weet hoe dit voel om altyd al die fotos te neem - jy is nooit op enige fotos nie; in my geval is dit 'n goeie ding; in Yolande se geval is dit 'n ander saak; dalk moes ek eerder die foto geneem het).

-----------------------------------------------------
Jan, Jan, Jaaaan - die soul van die span. Die groter boodskap in al hierdie commongeit was dat mens ballas nodig het om die Comrades te hardloop (volgens bennie Burgemeester).


-----------------------------------------------------
Dr Li Chi het 'n uitstekende voordrag gegee oor die vetwerende / verslankende effekte van Comrades voorbereiding deur die geval van 'n ene Marinda Swanepoel (pasient #17881) te bespreek.

-----------------------------------------------------
Kfrkie wat uitgenooi is om weens sy agtergeblewe verlede die Bafanawanabees te verteenwoordig in Durban; wat per poot na die verkeerde stadium toe gehardloop het tot aanjuiging van die verkeerde massas. Sy prioriteite is verkeerd, seg ekke. Comrades is belangriker, veral as jy kan wen...


-----------------------------------------------------
En ons het voorwaar aangesit by 'n feesmaal. Ons twee het bloot momenteel gesit; die res van die tyd het ons gekeer - vir die skerp messe, die trappe, die ornamente, ens.

-----------------------------------------------------
Big buddies - ewe fiks en effe gek - Comrades atlete... (dis net my opinie; menings mag verskil); maar sterkte julle - nierfunksie keer gewoonlik terug na normaal so by dag drie (net voor ontslag uit die hospitaal).

-----------------------------------------------------
Supporters op meer as een vlak - hy weet nog nie waarvoor hy in is nie; die vroue in sy lewe gaan hom nodiger hê as ooit tevore... ons sal hom maar help. Sy behoort OK te wees... vrouens is natuurlik aangelê om moeders te wees; vaders maak hopelose moeders. Vra my...

-----------------------------------------------------
Ag, en kyk hoe mooi! Sy ook.

-----------------------------------------------------
Ek is soooo bly die Meyers was ook daar met hulle laaities. Jan-Hendrik, Theuns en Nico het mekaar baie mooi besig gehou - gespeel onder die tafels en mekaar gejaag met skerp goed. Ek is net so bly hulle het nie gerook nie.
-----------------------------------------------------
Heerlike aand saam met baie goeie pelle. Sterkte met die groot dag komende Sondag (ja; dis nou hiérdie Sondag). Ons hou vir julle duime vas, 'n paar dripstelle op gereedheid, warm kombersies, pynstillers, en sagte sokkies.