Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
9.8.10
Jan-Hendrik se eerste fotos...
Dit is wat gebeur as 'n amper-tweejarige jou kamera in die hande kry... En daar is seker nog 'n 100 fotos wat ek nie gaan publiseer nie. Hy weet deesdae waar alles is, en hoe alles werk - kragproppe, die boor, kamera se flash, yskas se ys dispenser, MNET remote, ens. En hy is MAL oor C-beebies (ek dink die spelling is verkeerd); hy huil elke keer diep emosioneel / erg ontsteld as 'n storietjie verby is, en dit van ons gewoonlik 2 of 3 minute om te verduidelik dat daar nou 'n nuwe storie gaan wees, en dat die selfde Beebies maatjies môre weer op die TV gaan wees.. 'n Vreeslike spesiale kind voorwaar!!