Ek en Jan-Hendrik het vanmiddag die laaste +/- 30 beurte gesit en kyk; en dit is net onverklaarbaar hoe ons nie die laaste paaltjie kan vat nie. Die 3'e toets teen Engeland is ook gelyk op. Die eerste toets was dieselfde storie. Ons moes dit ook gewen het; en die 2'e toets was 'n totale gemors. Ons kan dus nie meer die reeks wen nie. Ons kan net verloor of gelyk op speel (met 'n wen in die laaste toets - yeah right...). Dalk, net dalk is die Engelse nie sleg nie ... (?)
Ek het sommer begin kasdeure regmaak; ek was op die punt om die honde te begin was, of selfs die gras te begin sny. En vir dié wat my ken - dis net nie ek nie. Mens wonder of die krieketspelers weet deur watter hel hulle ons sit...