1.1.14

Lana die performer


Die tegniek kort nog werk.

Maar daar is niks fout met die houding nie.

Jan-Hendrik leer fietsry

My seun raak nou groot. Hy het baie vinnig geleer om sonder die klein wieletjies te ry.
Hy's nog skrikkerig vir die draaie, maar op die straights is hy 'n meester.


Ons moet hom nog leer brake...


Minigym opedag

Laaste dag van Mimigym - die ouers is uitgenooi om in te sit op die oefeninge.

Die juffrou help hulle mooi om nie seer te kry nie.
JH het nie vreeslik baie hulp nodig nie. Hy doen dit soos 'n ou pro.

Hy's dalk nie soet nie, maar hy is atleties.

Toe sy voete oor kom toe val 'n klomp albasters uit sy sakke uit.
Vir my was dit 'n baie spesiale oomblik.
Pa se groot seun!!

Huisbou (10)

Die garage kry ook vorm; heelwat groter as wat ek gedink het.

Die hoofingang.

Ons "oop" plan leefarea.

Kinderuitstappie - Melkplaas

Jan-Hendrik se klassie het die melkplaas besoek om te kyk hoe dit gemaak word.


En hulle is ook (soos beeste) op die plaas rond gery.




'n Pragtige plaas met sy eie kuslyn.

Stout en stout se maatjie.



Huib verjaar

Die verjaardagpartytjie se tema is "visvang".

Daai gesiggies is lus vir stout wees...

En hierdie een like ek niks.
Lana en haar "vriend" Paul.
Ek hou julle mooi dop!

31.12.13

Woelwaters Kerskonsert 2013

Ons is almal vreeslik opgewonde vir die konsert om te begin.

Speeches..

Tydens die kersverhaal was daar heelwat sterretjies.

En little drummer boys.


En 'n engel wat 'n diepsinnige gesprek met Maria gehad het.






En 'n nervous juffrou wil seker maak dat elke move en woord op die regte plek gebeur.

Skaapwagters..

Soldate..

En random citizens wat vir die wyse manne die pad na Bethlehem aanwys.

My groot seun. Ek weet deep inside is hy 'n klein bietjie op sy senuwees.
Hy het sy rol in die storie meesterlik vertolk.

En daar was skapies wat soos honde gelyk het..


Aan die einde van die konsert.. Lyk of hulle eerder champagne wil skink. 

En Mnr. v Rooyen het die finale woord.

Huisbou (9)

Die dak is besig om op te gaan.
Dit begin al soos 'n huis lyk.

Tallis Hurley; die vredemaker.

Boeta se slaapkamer.
Hy gaan seker nog vir jare tussen ons op die bed slaap...

Die gastekamer.


Keith Allen; die designer.

Marinda; die miesies.

Die back yard.