17.6.12

Oppad see toe!!!

Oudergewoonte stop ons op die Spur op Piet Retief. Die kinders speel té lekker op die jungle gym, trampolien, ens. Ek en Mamma sit rustig en eet ons kos.



Die twee pragtige meisies wat die Here vir my gegee het!!!



Jan-Hendrik soek die perdjie se "start button".



Sussa het nog so bietjie hulp nodig, maar sy leer baie vinnig deur net haar Boetie dop te hou.



Sommer BAIE slim...



Skoppelmaai, skoppelmaai, my kinders ry op die skoppelmaai...




Die pad het verskriklik lank gevoel (Pongola langs gery), en hierdie was een van die redes - swaar voertuie êrens heen oppad teen 20km/hr; ry/go kontroles, bokke, beeste, kinders, ens. Daardie pad is dalk nie die moeite werd nie...

My pragtige kinders!!!

Eettyd is altyd speeltyd.



Ek en Jan-Hendrik try sy Cars-speletjie uit. Hy roep my een dag en sê ons moet sy "Cars-speletjie speel'. Ek luister met 'n halwe oor en dink nie regtig daaroor nie. 'n Halfuur later gaan kyk ek wat hy doen in sy kamer, net om te sien hoe gefrustreerd die mannetjie is dat die karretjies nie wil ry nie - drie reguit stukkies baan aanmekaar gesit, karretjies langs die spoortjies, maar die vingertjies op die snellers. What a lovely kid!!! Ons het ure lank gespeel; vir dae lank.

Ons bou die swembadpomp-dek

Dis 'n joppie wat al 'n paar maande vir my gelê en wag het. Dis omtrent die enigste area van ons erf wat ons nog nie gerehab het sedert ons hier ingetrek het sewe jaar gelede nie. Tyd vlieg!!!!



Gelukkig was almal baie bereid om 'n handjie by te sit. Jan-Hendrik het al die nodige spykers ingeslaan...



Sussa was meer en deels 'n toeskouer wat hier en daar vermaak verskaf het.




Harde werk...

10.5.12

Manne naweek in die wildtuin

Ek ,Pa Jan, Andrew en Jan-Hendrik was vir 'n langnaweek in die wildtuin, en ek moet sê - dit was een van die lekkerste naweke in my lewe. Dit vat my ver terug. Die wildtuin is die lekkerste plek in die wêreld.


Daar is niks soos 'n lekker koppie koffie of drie om mens wakker te kry nie...





'n Mens sal seker hierdie tye vir altyd onthou...




JH en Andrew was in hul eie span vir die naweek. Die een is maller oor die ander. Real roll-model stuff...


Seker die fot wat ek al die meeste in die wildtuin geneem het...




Dit het twee keer gebeur en ek weet dit was baie special vir Andrew. Ons praat baie oor ons kinders en ek weet Andrew kan nie wag vir klein JW om te arriveer nie... Ons ook nie. WOW!!



'n Heerlike wintersdag in die Laeveld.





Wilde honde... seker so 20 van hulle. Baie indrukwekkend.










Koedoewors, pap en sous by Afsaal. 'n Verpligte stop-over...



Kyk mooi - dis ons leeu vir die naweek. Die wyfie het in die gras gelê; ons kon haar nie sien nie.



Min het ek geweet dat die beste sightings eers sou kom toe die son behoorlik onder was...
Mooi bly, ou grote...

Ouma se hasies

Kyk, mamma!!! Hasies!!!

Ouma Hanna versamel hase. Hulle is regtig baie cute en cuddly, en die kinders is mal oor hulle. Ek dink daar is nou net so kort van 30 van hulle.




Oupa het 'n lekker speelplek gebou in die agtererf, so die kuierplek het nou van voor na agter geskuif. Die kinders speel in veiligheid terwyl mens op die gras of op die bed wat Oupa daar onder die afdak ingedra het 'n slapie kan vat. Hier is JH besig om vir my "tee" in te gooi.


En hier speel hy met een van DJ se gunsteling speelgoed uit sy kinderdae.


No comment. Blonds...


Maar sy is pragtig!! Pappa se gesiggie...


JH het ook fotos geneem, en die hond Rambo was 'n obvious keuse vir 'n model...


Oupa sny JH se hare en hy sit verbasend stil...
Ek wonder wat Oupa vir hom belowe het.


Kyk hoe handsome.