16.2.12

My pragtige kinders!!!

Check die boude in die agtergrond!!



In ons huis is bad- en eettyd ook speeltyd!!




Hy raak nou al amper te groot om op mens se skoot aan die slaap te raak.


Kyk net daai groot voet. Anders as die pienk voetjies wat ons so 3 jaar gelede afgeneem het...


Op 'n warm dag speel ons in die spreier. Daar is 'n groot swembad op die erf, maar die spreier is baie meer fun...

Al die kleinkinders


Al Oupa Chris en Ouma Hanna se kleinkinders.


Kyk na die foto... kyk mooi... wie dink julle verplaas die meeste water?
Dalk moet groot mense nie rooi aantrek nie...

15.2.12

Lana se eerste verjaardag!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Fotos geneem op die 7'e Januarie. Ons hou Sussa se eerste verjaardagpartytjie. Die tyd gaan baie vinnig verby. Sy word pragtig groot. Sy is Pappa se blonde prinsessie!!!!



Marinda het alles perfek beplan, soos altyd.


Ouma, Oupa, drieling, Tiaan, baie maatjies!!





Best buddies - Jan-Hendrik en Theunsie.




The girl of the moment!!! Inspekteer alles; effens goedkeurend.





Jan-Hendrik (lieflike kind!!) was aanvanklik geplaas aan die teenoorgestelde end van die tafel. Toe dra hy self sy stoel om om by sy sussie te kom sit.









En die swembad was 'n hit!! Die springkasteel is omtrent nie gebruik nie...



Pappa se pride and joy!!!



Hier stoot Tiaan haar rond in een van haar verjaardaggeskenke.


Na die tyd... Moeg... en tevrede...

13.2.12

Marinda se verjaardag (6 Januarie)

Sy het so amper in die verbygaan verjaar. Sussa se 1'e verjaardagpartytjie was eerste prioriteit. Gelukkig was Oupa en Ouma en DJ, sy vrou en die drieling ook in Nelspruit om haar verjaardag met ons te kom vier.






Ons huisie..







9.2.12

Marinda se Brumeliads

Ons tuin begin fantastiese nuwe kleure by kry. Marinda se nuwe (expensive) hobby. Die plante se fisiologie fasineer my ook, en hulle maak pragtige fotos. Bloeddorstige plante met pragtige kleure om seker te maak dat goggas kom verdrink en doodgaan in hul blare-lokvalle. Met Brumelias het die Natuur / Skepping / Skepper 'n absolute hoogtepunt bereik.


Nuwe Brumeliads wat ek vir Marinda vir haar verjaardag gekoop het.






Fantastiese plante wat nie afhanklik is van wortels nie.






Hier... gogga, gogga, Hier...
Waar die pragtige rooi dele van die blare is...
Kom!!


Ja my seun. Ek het daai een ook gesien. Dis baie mooi, ek weet.




Hierdie een is my gunsteling.