7.8.11

Best buddies!!

So deel mens jou broodjie met jou sussie.



Uiteindelik - skool toe!!!

'n Jaar gelede was ek baie bekommerd, maar hy was obviously nog nie reg vir skool nie, maar hy het so twee weke gelede begin by 'n speelgroepie van so 10 kindertjies - almal same size - maar 7 dogtertjies, 3 seuntjies. Hy is MAL daaroor, en dring daarop aan om sy eie tassie te dra. Hy kyk nie terug as ek loop nie, en hy is nie bang of huilerig nie. Die juffrou is glo redelik streng, en dit lyk of sy iets met hom regkry. Hulle leer Bybelstories, en groot alledaagse woorde... Ek is baie gelukkig met die setup. Gewaarborgde knop in die keel en traan in die oog een keer per dag...











Elke oggend...

Ek en Jan-Hendrik is omtrent elke oggend saam eerste op. Hy hou van sy "choklit nanna" in die more, en ek 'n warm teetjie met honeysuckle of mint... (nee ek is nie gay nie, maar die smake maak my brein wakker). So ek vra maar vir Jan-Hendrik om te help suiker ingooi en te roer. Hy dink dis "'n slim plan".






Die mannetjie raak nou baie slim.


Tans sy sêgoed:



"Pappa, be careful" - makiesaak wat ek doen nie...


As ek vir hom sê hy moet sy kos eet: "No, thank you"... Hoe forseer mens hom na so 'n antwoord?


As ek met hom raas as hy iemand (of vir my) seermaak: "Pappa, ek sal NOOIT weer nie"... so sê hy dan terwyl hy my met iets teen die kop slaan...


"Ek sal" & "Myne"... Luidkeels... !!!!!!!


Love him!!!





Bou al weer!!

Uiteindelik het ek besluit om die steenmuur met die buurman (Sias willemse-hulle) te pleister. Ons moes eers al die hout teen die muur afhaal. Bietjie hartseer, want dit het vir ons (ek en my liewe vroutjie) weke gevat om al die hout teen die muur te kry (6 jaar gelede), maar ek dink tog dat 'n gepleisterde muur baie beter gaan lyk. Ek is nie lus om dit te verf nie. Ek dink ek gaan eerder een-of-ander klimplantjie teen die muur plant. Ek soek 'n groen muur, en ek wil 'n kruietuintjie begin teen die muur in potte. Ek sal iemand moet kry om vir my staalrakke te kom bou. Dalk moet ek net die sweislesse wat skoonpa my gegee het begin toepas. Ek is seker ek kan dit self doen.






En Jan-Hendrik help al die pad...





Ons het in twee naweke die hele muur - van voor teen die pad tot agter teen die agterste buurman) gepleister, en na die tyd dink ek dit lyk uitstekend!






Swanepoel, Jan-Hendrik Swanepoel

In hierdie foto lyk hy so bietjie soos 'n spy, maar dis snaaks - ek is nie bang nie... Die man hou daarvan om by die huis kaalgat rond te loop; dan piepie hy op al wat Clivia is. Paul Kloeck sê dis glo goed vir hulle; nutriente ens. Paul weet. Hy boer met Clivias.





Jan-Hendrik neem fotos

Jan-Hendrik neem al baie mooi fotos met sy "kamema". Dis eintlik my kamera, maar ek laat hom maar toe om met die ding te loop en knoppies druk. Ek hoop om op dié manier sy belanstelling te prikkel in fotos en alles wat mooi is. Hy mik ook al baie mooi - subject in the centre. Subject also very willing... Dis 'n vriendelike huis dié!





Sussa!!!

My pragtige dogter word elke dag net ouliker en slimmer. En sy is BAIE mooi. Sy is oor die algemeen baie vriendelik, en begin nou geluidjies maak wat klink of sy ons na-aap. Sy lag vir my grappies, en sy is mal oor bad. Dit is seker die enigste keer per dag wat sy defnitief moan en huil - wanneer Marinda haar uit die bad uit haal. En sy en Jan-Hendrik bad omtrent elke dag saam; sy sit in so 'n oulike 4-poot badstoeltjie met 'n dik sponsie onder haar boudjies; mal oor die warm water...





Smul aan 'n stuk biltong - soos Ciska sê: Sy suig hom dat hy na ure lyk soos 'n dooie muis...




Pretty in pink...






En sy sit nou al 'n paar weke sonder enige ondersteuning. Val soms om, maar dit lyk eintlik of sy doelbewus gaan lê om nader aan haar speelgoed te kom.






Kyk net haar pragtige 4 tande. En sy weet waarvoor mens dit moet gebruik. Borsvoed is glo nie meer lekker nie; so verneem ek...





Koekeloer...






Soos ek sê - mal oor bad en warm water.






Loop die hele huis rond met die loopring; nog bietjie dom met die bestuur gedeelte - die ding gaan nie altyd waarheen sy wil gaan nie...







oe!! kos!!






Vriendelikste kind; op die mat in Pappa se studeerkamer.














Pragtige pienk baba in haar pienk kamer. Pienk - nooit gedink daar sal so baie pienk goed in my lewe wees nie. Mal daaroor!











In haar noppies met haarself... Sterk in die armpies; dis net 'n kwessie van tyd dan gaan sy begin kruip.


Sy is ons liewe dogtertjie!!! Ek het nie gedink dit sal (na Jan-Hendrik) weer moontlik om so lief vir 'n kind te word nie, maar ek moet erken - ek is totaal en al verlief op my twee kinders; op my vrou ook natuurlik...

3.8.11

Oppad terug Kaap toe...

Oppad terug het die Kapenaars gou weer by ons gedraai. Die dogters was oortuig daarvan dat dit by ons warm genoeg is om te swem in die Winter. Boeta het natuurlik presies gedoen wat hulle gedoen het - ure lank in yskoue water baljaar. Ek is verbaas dat niemand siek geword het nie.









Annies word nou baie groot. Sy het gister 10 geword. Ons het vreeslik gesukkel om haar in die hande te kry - niemand in die Kaap antwoord glo telefone nie. BAIE GELUK ANNIES!!!












Die twee Janne is baie erg oor mekaar. Jan-Hendrik raak sommer die hel in as iemand Oupa se aandag soek. Dis SY Oupa daai!!!

Nog 'n partytjie!!

Dié keer was dit die 3'e verjaardag partytjie van Zune Scheepers; Ja... dis die partytjie laasjaar waar die hond vir Jan-Hendrik in die gesig gebyt het, en (glo dit of nie) dieselfde honde was hierdie jaar ook buite tussen die kinders!! Sommige mense leer net nie... Maar gelukkig is geen kind hierdie keer in die gesig gebyt nie. Soms is mens seker net gelukkig...


Die hanswors (ja... dis Afrikaans vir Clown) het almal vermaak met sy dinge (luidkeels), maar ek dink Jan-Hendrik was nie heeltemal oortuig dat hy regtig kan toor nie... Hy (JH) het dan ook later gaan ondersoek instel by die ou se "toortafel" om te kyk hoe hy al hierdie fantastiese goed regkry. Die dogtertjies het alles gekoop en geglo!! So onskuldig tog...







Mens spring mos op die springkasteel. Hy en klein Dylan het mekaar so 'n paar oomblikke later sommer met die vuiste gedonder... beide het so bietjie na die tyd gehuil.













Daai gesiggie sê: No way, China... waar steek jy dit weg?





Meneer glo niks nie; hy weier om voor die verhoog te sit; hy wil sien wat gaan agter die skerms aan...






Sussa het haarself ook op haar eie manier baie geniet.

30.7.11

Jessica!!!

Een saterdagoggend vroeg begin ons al mooi maak vir die groot partytjie.

Jessica Matthysen word 1!!!






En my hare word netjies gekam; mens moet mooi lyk by jou Pa en Ma se potensiele aanstaande skoondogter se verjaardag.





En ek het besluit om 'n groot knop op die kop saam te neem; verwerf teen die hoek van die badkamer muur...





Die koek was spektakulêr (dis 'n lelike woord wat ons leen by die Engelse); Marina het al weer bewys dat sy 'n fantastiese koekebakster is. Pragtig!!!






Jessica!! Die eregas geklee in 'n feeprinsessie outfit. Sy lyk ook so bietjie oorbluf met al die pragtige goed rondom haar.






En sy wonder seker wie de dinges is al hierdie mense...






Ek het die geleentheid gesien om ook saam met my eie dogter mooi fotos te neem. Sy het die fees-atmosfeer behoorlik aangegryp, en met haar (4) tande heerlik begin smul aan al die eetgoed.















Jan-Hendrik het teen 'n spoed met die tafel se hoek kennis gemaak; en 'n sny in die bolip was die gevolg. Die rooi om sy mond is nie sweets of koeldrank nie, maar bloed; hy was so effe trots daarop...






Die foto wat ek nou al vir amper twee jaar wens ek kon neem. Johan en sy eie kind by dié se eerste verjaardagpartytjie. Dis 'n ding wat ek weet hy begeer het; en die droom het waar geword. Wat 'n wonderlike voorreg!!!





NOG 'n heerlike dag saam met wonderlike mense in die warm Laeveld winterson...