15.5.10

Comrades ontbyt saam met BAFANA!!

Toe ons vanoggend by die Protea hotel stop vir die Comrades ontbyt toe kon ek al sien hierdie gaan 'n goeie dag wees. So asof dit spesiaal so vir ons gereel was - daar staan die Bafana bus, en die spelers meng met ons gewone mense. Hulle speel more aand teen Thailand hier in Nelspruit. Ons hoop ons kan nog kaartjies kry, want Marinda ken die span se fisioterapeut. Al die kaartjies was al Maandag uitverkoop. ----------------------------------------
Hulle is nogal erg oor die span se sekuriteit. Daar was vreeslik baie polisiemanne en -vroue by die geleentheid. Hulle kon die beste fotos kry!
----------------------------------------
Boeta was ook daar, en het heerlik op die nuut-geplantte gras gespeel en hulle (hy en die twee Meyertjies) het die ornamentele klippe in die swembad gegooi.

----------------------------------------
Marinda en Leoné. Wie weet wat haar naam op die Comrades rekords gaan wees hierdie jaar. Sy was al in die verlede LeonF en Leon+ (!!)

----------------------------------------
Fotos van vroeër tye, toe almal wat nou nog goed hardloop net soveel beter gehardloop het. Tyd is 'n bliksem; ek sê julle.

----------------------------------------
'n Heerlike ontbyt is voorberei vir die Comrades groep. Ons was nogal baie - ons het binne en buite gesit, en ons het selfs so eenkant plek gemaak vir die Bafanas.

----------------------------------------
En in ons groep is daar gelukkig ook nog regte atlete ook. Net 'n grappie, julle!

----------------------------------------
Die manne kon die geleentheid van 'n foto saam met hul sokkerhelde nie misloop nie. Ek sal eers moet gaan check wie is wie...


----------------------------------------
Mathew Booth was nogal 'n crowd favourite, en ek moet sê hy is baie groter en langer as wat ek gedink het! Met die vorige foto wat ek geneem het met Marinda en 'n celebrity het ek gevoel die man moes eerder 'n trappie gebruik het, want sy was heelwat langer as hy. Dit was Robbie Hunter by die Tour de France. Vandag het ek gevoel sy moes maar die trappie gebring het. Ek het nog nooit aan haar as "kortgat" gedink nie. Ek is ook maar bly ek is nie in hierdie foto nie! Imagine...


----------------------------------------
Almal eet lekker saam met die Laeveld Winterssonnetjie wat heerlik op onse voorkoppe bak. HEERLIK!!

----------------------------------------
Die opskrif van hierdie fot is: Die appel val wragtag nie ver van die boom af nie.

----------------------------------------
Die drie maatjies het gelukkig hulself besig gehou meeste van die tyd; met die wit klippes, en die groter bruin klippies. Daar lê heelwat klippe op die bodem van die hotel se swembad. Dis nou maar hulle probleem vandag.

----------------------------------------
Tyd om te gaan oefen vir môre se groot game. Die manne het nou lekker klaar ontbyt geëet, en die magies is vol. Nou verwag ons net goeie spel en GOALS!!

Ons nuut-gevonde vrinne. GO BAFANA BAFANA!!

----------------------------------------
Die gees loop nou behoorlik hoog in Nelspruit. Die sokker-ding is aansteeklik. Ek soek ook nou 'n yellow bafana hempie, maar hulle maak dit nie in Bloubul groottes nie. Ek sal maar aanhou soek!

----------------------------------------
Smile!! Ons sal kyk wie smile oor twee weke!!


Marinda hardloop Selati

Ons was vroeg laasweek Saterdagoggend in Malelane sodat Marinda die Selati 21km kan hardloop. Hulle het nou meeste van hulle training vir die Comrades voltooi; dit is nou net 'n kwessie van gesond bly en afskaal tot die groot dag (oor 2 weke). Sy kan nie sê sy het nie 'n uitstekende ondersteunersgroep nie. Boeta en ek het die hele tyd gespeel. My kind het nie rasse issues nie.

3.5.10

Herfs in die Laeveld

Herfs in Nelspruit voel maar baie soos Somer - net so effe koeler. Dis heerlik buite hierdie tyd van die jaar; daarom het ons solank vir Jan-Hendrik sy 2'e verjaardag geskenk gekoop - die trampoelien en die slide. Ek moet nou net 'n naweek of twee hard werk om die res van die jungle gym ook te bou (!) Hy weet hoe...
En die honde ook...

Daar het nie veel met ons gebeur die laaste twee weke nie - al drie van ons was siekerig met verkoue (seker die verandering in temperatuur). Jan-Hendrik is deesdae verskriklik cute - hy verstaan elke woord wat ons sê - hy weet waar alles is, en hy hou aan met die drie-lettergreep woordjies.
Hierdie is een van sy gunsteling speletjies - bou torings van alles, en dan slaan hy dit om, en hoe groter die crash, hoe harder lag hy!


Net 'n Nota aan Ouma Corrie - die Comments werk - ek het dis getoets. Onder aan die comment is daar 'n drop-down lys; click op NAME / URL en tik dan net die naam in; en SUBMIT. Maklik!

Marinda op kursus in Johannesburg

Ons was laas naweek blitsig in JHB vir Marinda se kursus - sommer oorgebly by die Town Lodge in Sandton. Ek en Boeta het gaan shop en toe vir Andrew-hulle gaan kuier. Sy skoonouers was daar en my Ma en Pa ook. Dit was toe 'n heerlike dag, en ons het verskriklik lekker geëet! Dankie Tanya!
Daar is eintlik vreeslik baie wat 'n mens (of altans 'n laaitie van amper twee) kan doen in 'n hotelkamer!


Hier skryf hy notas met sy linker hand! Dalk is hy regtig links...

20.4.10

Loskop 2010!!

Die afgelope naweek het ons gaan uitkamp by die Loskopdam vir die marathon. Daar was duisende mense en nie plek vir 'n ekstra siel nie. Die omgewing is pragtig - voel amper soos Nelspruit se area; net so klein bietjie koeler.

------------------------------
Ek en Boeta het al van vroeg af vir Marinda gewag by die eindstreep - dit nadat ek probeer het om myself en vir hom skoon te kry en ontbyt te gee. 'n Man is nou een maal nie 'n moeder nie. En toe verras hy my met 'n doek uit die hel uit - die ... was orals; ek kon dit nie vreeslik lank ignoreer nie.

------------------------------
En hier maak Marinda-hulle klaar. Lyk of hulle net om die blok gehardloop het, maar dit was egter 50km tussen Middelburg en die Loskopdam. Goeie voorbereiding vir die Comrades (oor ongeveer 5 weke).

------------------------------
Boeta het sy swing goed ge-oefen die naweek. Hy raak al beter, en hy dring ook daarop aan om die bal op iets te stel. Hy het begin met ons koppies en wynglase, maar hy het ontdek dat die proppie van 'n melkbottel baie beter werk. Kyk daai perfekte "turn". Ons sal nog werk aan die gebuigde linker arm.

En die "follow through" is effens afgekap - hy "punch" die bal soos sy pa. Dit werk soms baie goed.

------------------------------
Hier is die Meyer seuntjies met wie Jan-Hendrik die hele naweek gespeel het. Eintlik met hulle speelgoed - hy was mal oor die draadkar. Ek het die skimp gevang - ek soek na 'n mooi een.

------------------------------
Hier kom almal bymekaar vir die gebruiklike sherry run - hierdie jaar in baba blou. Ek het nou al 4 van hierdie t-hemde - elkeen in 'n kleur waarmee ek nie in die openbaar sal verskyn nie, maar dit werk goed vir slaaptyd.

------------------------------
En Boeta het lekker saamgespeel, en ook sy deel van die drinkgoedjies gehad (darem net Coke en Sprite Zero vir hom - meeste daarvan het op geëindig op my blou hempie...)

------------------------------
Hyen sy ma - sy lyk maar lekker moeg; ek dink haar lyf was seer na die lang wedloop die vorige dag.


------------------------------
Die dam is mooi vol. Hier is ons by die damwal. Hulle het 'n groot gedeelte daarvan toegemaak in die laaste paar jaar - vorige jare het ons tot op die punt van die looparea beweeg. Ek moet sê - so ver weg soos nou voel tog so bietjie veiliger. Veral met klein woelige seuntjie wat orals rond hardloop!
------------------------------
En ons nuwe voorsitter by die marathonklub - Bennie Burger - neem fotos van sy kudde.
------------------------------
Selfs die jongstes.
Dit was 'n heerlike naweek; ons sal nie sommer die Loskop mis nie. Volgende jaar hoop ek om dit self te hardloop. Ons sal maar soek vir 'n baby sitter.