5.12.14

Hermanus, HPF, Raka en Klein Rivier

Nog fotos geneem in Hermanus / Stanford area tydens ons vakansie in Augustus.

































4.12.14

Hemel-en-Aarde vir my pragtige gesin

Ons het 'n heerlike blyplek opgespoor in die Hemel-en Aarde vallei buite Hermanus.
Die kinders het die plaaservaring vreeslik baie geniet. Die plek is pragtig, rustig en afgesonder.
Die perfekte vakansie - plaas, wynproe, walvisse, lekker eet.
Augustus 2014.

Ek was net 'n bietjie te laat met hierdie foto. Die eerste ding wat Jan-Hendrik doen toe hy die reuse boom sien wat deur die stoep se dak groei was om teen die stam te pee. 'n Regte seun!!















Ontbyt by Mont Marie

Op 'n renerige dag in Augustus geniet ons 'n heerlike ontbyt saam met Jan en Annette by Mont Marie buite Stellenbosch. Vir die kinders is dit bietjie vervelig (kan nie buite speel nie). Hou hulle self besig met selfone en tablets. Nuuskurige slimkop kinders.