23.9.12

Skukuza 21km; dalk ons laaste...


Een oggend, verspot vroeg, vertrek ons Skukuza toe sodat Mamma in die bos kan gaan hardloop. Ek is nogal jaloers. Ek is spyt ek het nie geoefen nie...





Nog steeds vas aan die slaap.



Die manne het vir drie ure lank gespeel asof daar nie 'n more is nie..



Die laaste renoster in die wildtuin (met 'n horing) was ook daar.




En daar gaan die mense - soos by elke race waar ek nog ooit was - 'n vrek vinnige swart punt...



... en 'n stadige wit agterkant.



En daar is Mamma ook!!!




Sussa is verkleef aan haar Pappa. En hy aan haar. Ons is beste pelle.



Terwyl ons wag vir Mamma om klaar te maak speel ons maar in die stof langs die pad.
Haal 'n paar dorings uit die vote uit..



Uiteindelik!!! Hulle het nie gegrap toe hulle voorgeneem het om dit rustig te vat nie...



Kaptein!!!



Die koekblik is nog nie klaar nie, maar daar is altyd tyd vir 'n foto of twee.



Iemand het te veel energie.



Talent ook.




Met die kuier na die tyd is daar bietjie oorlog gehou met die onsigbare vyand.


By die hek oppad uit die wildtuin uit. Maak my hart sommer seer om te dink ons tyd in die Laeveld kom nou baie vinnig tot 'n einde.

Tanya en Andrew, op hul laaste


Tydens 'n blitsbesoekie aan Andrew en Tanya het ons net kom kyk of sy nog gesond is voor die groot dag. Ons is baie trots op die twee dat hulle die swangerskap so maklik hanteer het.



Hy lyk rustig. Ek is seker deep inside was hy so bietjie angstig. Good luck Boeta!!!

'n Vinnige besoek aan Oos Londen


Ons pak die lang pad aan saam met Oupa Jan en Ouma Corrie. 
Ons moet gaan huis soek in Oos Londen.



Middagete in Aliwal-Noord.




Dit het gesneeu in die Oos-Kaap binneland. Ons het langs die pad gestop en in die sneeu gespeel, nie vir te lank nie. Sneeu is koud...




Oorgebly vir twee aande in Nahoon (Sand castle, Mulligan property...). Wonderlike gasthuis. Baie nice mense.



Uitsig oor die see vanaf die gastehuis.



Gonubie se strand. Ons het die kinders geneem vir bietjie rond hardloop.





Lana en Ouma Corrie.



Jan-Hendrik ontdek seeskulpies (waarvan daar nogal baie van is op hierdie strande).



Sussa like die sand net mooi niks nie. Sy aard dan na my.



Optel!! Optel!!



Die SPUR is altyd 'n staatmaker plek!!



Die pad terug Virginia toe was net te lank vir sommige van ons. 
Sussa het aan die slaap geraak op die kar se vloer tussen Marinda se bene.

My nuwe speelgoed


Taylormade R11S drywer, R11S 4 hout, TP MC ysters, RAC wedges, Taylormade Smoke (belly)putter.

Nefies en niggies

Oppad Oos Londen toe (die tweede keer) en oppad terug het ons 'n paar dae by die skoonouers in Virginia gaan bly en die kleinkinders het tyd gehad om te bond.


Jan-Hendrik, Tiaan en Lana het saam gesit en TV kyk, die opening van die 2012 Londen Olimpiese Spele.




Ek dink Jan-Hendrik het hier 'n vuil grap vertel.





Vir sulke groot oomblikke moet mens maar eerder naby aan die TV staan, anders mis jy dalk iets.




En dan is daar die pragtige drieling - Aninke, Anabelle en Aneldi. 
Ek sukkel nog om uit te ken wie is wie.



Hierdie enetjie is Aninke.



Lana dink sy is een van hulle.





Oupa het van die wasgoedpaal 'n wonderlike speelding gemaak.







Jan-Hendrik ry deesdae met die grootste gemak 'n groot fiets...



Ek en my seun het een hele middag skyf geskiet met oupa se pellet gun.



Mamma is 'n natural.



Ons het die blikkie in sy moer in geskiet.


13.9.12

Kuier by die Hoffman gesin

Die Hoffmanne groei tot vier met die byvoeging van klein Josua.
Daleen en Jacques vind tot hul verligting uit hulle is nie die enigste gesin wat nie uitkom nie...
Kinders leer mens om tevrede te wees met jou eie mure en meubels.

Heidi en Lana het onmiddelik maatjies geword en saam-saam die plaas en die plaasdiere gaan verken.



Die bokke sien twee klein dogtertjies nie as bedreiging nie; die kinders het omtrent tot tussen hulle gestap om te gaan speel by die groot papierbas-doringboom.



Donkies is amper soos perde, bietjie kleiner, maar ook maar baie onvoorspelbaar.
Hulle byt glo. Jacques was effens nervous op hierdie foto.


Marinda wonder of haar lyf kans sien vir nog een.