10.5.12

Ouma se hasies

Kyk, mamma!!! Hasies!!!

Ouma Hanna versamel hase. Hulle is regtig baie cute en cuddly, en die kinders is mal oor hulle. Ek dink daar is nou net so kort van 30 van hulle.




Oupa het 'n lekker speelplek gebou in die agtererf, so die kuierplek het nou van voor na agter geskuif. Die kinders speel in veiligheid terwyl mens op die gras of op die bed wat Oupa daar onder die afdak ingedra het 'n slapie kan vat. Hier is JH besig om vir my "tee" in te gooi.


En hier speel hy met een van DJ se gunsteling speelgoed uit sy kinderdae.


No comment. Blonds...


Maar sy is pragtig!! Pappa se gesiggie...


JH het ook fotos geneem, en die hond Rambo was 'n obvious keuse vir 'n model...


Oupa sny JH se hare en hy sit verbasend stil...
Ek wonder wat Oupa vir hom belowe het.


Kyk hoe handsome.

Ware liefde...

Sondagoggend, vrek vroeg, bevind ek myself, baie moeg, agter die wiel om my liefie by 'n race te gaan aflaai by Carnival City.



Vreeslik excited oor ver hardloop. So het elkeen van ons maar ons stokperdjies...

Kuier met 'n ooievaar

Tanya se ooievaarstee is sommer gekombineer met 'n ooievaarskuier. Die hele familie het opgetrek na Andrew-hulle toe, en dit was 'n naweek om te onthou - goeie geselskap, baie kos, baie lag, baie skerts, min slaap.




Dries vs Dries.


Andrew, Hentie en Jannie (Sanette se vriend).



Die ewige gasheer...


Best friends!!




Die dag het vir sommige mense net té lank geraak...

So slaan mens 'n spyker...

Ja my seun. Kom ons maak seker daardie blaar kom nie weg nie...

Loskop uitkamp 2012

Die "nuwe pakkie" - die eerste kampvakansie met die Fortuner. Hier gaan ons!!!



Sussa sê "Kamp is baie lekker!!"



Die hardlopers brag maar die hele tyd met hul nuwe skoene; soms met hul kuite...



Sommige hardlopers is maar vol verskonings. Waar het jy al gehoor dat mens nie kan hardloop met af ligamente nie... Belaglik!!!



Hier het ek besef dat blonds maar blond gebore word...



En my kinders oefen saam om paal te dans. Daar gaan groot fout met ons opvoeding. Dit maak my baie bekommerd...


Die aand na die marathon spit ons 'n vark. JH is gefasineerd met die dooie vark. Ek hoop nie dit steek te diep vas in daardie jong breintjie nie...



Jan-Hendriiiiiikkkk .... en die Boksombende....
Waar kry mens 'n beter klimraam as 'n ou Land Rover?




Saam met die vark was daar 'n heerlike broodbak kompetisie.
Oorvloed in Afrika...


Dalk was die vark gespike...



Vroegoggend langs die dam loop.
Dit is 'n spesiale plek en die natuur is baie indrukwekkend langs die Loskopdam.



My best friend and companion.



Die mooiste meisie in die wêreld.


En nou is die vark onherkenbaar vrek. Shame...


Ons maak reg vir die jaarlikse Sjerrie run damwal toe op Sondagoggend.



En die kinders deel lekker in die pret (koeldrank, Ouma; dis koeldrank).





Nelspruit marathonklub 2012.







Daar is behoorlik gekuier, en lekker gedans - hier is Deon aan die dans met Marinda.


En Sussa breek spontaan uit in 'n rukkerige passie...