20.3.12

Papachinos - 'n lekker plek!!

Saterdagmiddag - grooteet by Papachinos in Johannesburg; op Andrew-hulle se aandrang; glo 'n favourite eetplek vir die JHB juppies.




Jan-Hendrik kom haal my en die kamera om vir my alles te gaan wys.



Die grootmense kry solank hul sit. Die spyskaarte word goed bestudeer.



Sussa hou ook van die plek.




Ek gaan wys vir Jan-Hendrik die ou met die lang bene...



en terwyl hy die ou op en af kyk...



Kan ek sien sy gedagte is iets soos "WTF?"



Baie speelplek vir die kinders.



Ek en skoonsus kyk wie se bier is die grootste...



Liefie Marinda wag vir haar Blue Bols en Sprite Zero...



JH speel met die ouer dogtertjies. Mooi my seun!! Dis die enigste manier om te leer.



Ouma speel perdjie met Lana.


She loves the excitement.



Andrew lyk ontspanne. Dis altyd lekker as Oupa betaal.



Ouma en JH maak pizza. Klomp klein outjies maak hulle eie kos. R20 per pizza. Ek dink dis 'n goeie deal, selfs vir groot mense.



Die toekomstige geslag. Moet al van vroegs af leer hoe om korrek by 'n restaurant se tafelte sit. Hy soek die waiter. Sy soek vrede.



Rondloper honde en katte (en ander goggas)

Ons kom deesdae nogal baie in die wildtuin. En ons sien die wonderlikste goed (behalwe leeus!!!). Jan-Hendrik glo natuurlik daar is nie leeus in die wildtuin nie, en hy glo dat daar hopeloos te veel renosters is...


Sussa bestuur kort ente. Sy druk eintlik net haar borskas teen die toeter; lag haar gat af as dit werk.



Soek vir die bokkies.




Oupa en sy pragtige kleindogter.



Lang aande se k@kpraat; ons leef in oorvloed as mens na die tafel kyk...




Die Berg-en-dal streek is vrot van die spinnekoppe die tyd van die jaar, veral baie van hierdie Golden Orb Web Spiders. Sommige van hulle is so groot soos my hand.




Snaakse vet groen wurms. Dié een het ek van my kar se band af gehaal by Afsaal.



Jan-hendrik, Simba en ... wie sien die stokgogga in die voorgrond?



En nou sien mens hom omtrent glad nie; hang aan die tak. Jan-Hendrik moerse impress met hierdie gogga.




Elke oggend moet mens vroeg uit wees vir die beste wild.




Sussa verkies om op haar eie twee voete te loop.






Toe ek hierdie foto geneem het, het ek die idee gekry ek word fyn dop gehou.





Baie rondloper honde op die pad by Berg-en-dal.






En rondloper katte naby afsaal.




Nog een in die boom...


Jan-Hendrik soek 'n leeu; hy is moeg "vir al hierdie tiere".