8.11.11

Visvang in die Wes-Transvaal

Die lang beloofde visvang op die Vaalrivier was iets om te onthou!!! Dit het begin by die Gobabiskroeg op die pad tussen Wesselsbron en Makwassie, oftewel dit wat oor is van die pad... slaggate orals!!







Ons het 'n ware manne naweek gehad; alle geslagte was goed verteenwoordig.






Sommiges het heelwat nuwe goed geleer, soos pool shoot en darts...






Ja, daar was bloed en daar was trane...





En daar was vis, heelwat vis.




Almal het gehelp om die vis te prosesseer..





Pragtige plek langs die Vaalrivier; ideaal vir lekker visvang, veilig en beskut, heelwat skadu.




Die ernstige visvangers is verbasend goed toegrus; kos seker 'n fortuin!





Jan-Hendrik het goed ingepas by dei res van die geselskap. Die hele tyd kos gebedel by almal. Hy was nooit honger nie...




Vreemdeling Louis vang hier die kampioen vis; 5,5kg.





Amper net so lank soos JH.










Oom Boet kuier lekker saam; dis vroeg, en ons is almal nog redelik nugter...





Neef Jan. Spraaksaam soos altyd.





Skoonpa Chris kuier, maak kos, vang vis, help kakpraat.









Kom ons sê maar net dat die vergadering nie baie polities korrek verloop het nie... mos niks so mooi soos 'n mooi meisie wat lelik sit nie (grappie!!!)





Sonop oor die Vaalrivier; wonderlike plek!





Lekker kuier - Schalk en Louis (die ander een; Andrew se pêl).





Daar is BAIE kak gepraat... deur almal.





Blink gedrink..





Verby blink..





Special tye!!! Sal dit nooit vergeet nie..





Dis darem moeilik om vroeg die volgende oggend aan die gang te kom met 'n babalaas...




En toe begin die groot kakpraat. Ertjies het gearriveer...




Hy hou aan en aan... mens lag dat jou wangspiere seer word en jou maagspiere begin kramp. Ek sien op 'n stadium my skoonpa so 'n ent gaan loop net om sy gesigspiere 'n ruskans te gee.













Sommige manne sit net rustig en luister na al die dinge wat kwyt geraak word...





Die klein visstokkie was maar stil; het darem een vis gevang.. (ek wag nog vir die fotos wat Andrew geneem het...)





Kyk hoe lag die manne vir die storie wat die prys gewen het! Iets wat gaan oor die foute van die verlede; sonder om onnodiglik uit te brei...









JH het elke aand op Oupa jan se skoot aan die slaap geraak. Dit is darem 'n uitputtende storie - dié visvang en kakpraat...






Langs die viswaters, eerbiedend, sing almal die volkslied luidkeels voor die Bryce Lawrence fiasko teen Australië. Min het ons toe geweet dat 'n "boks" die wêreldbeker vir die bokke sou beëindig...

















Gerrie vang nog 'n laaste vis voordat die naweek verby is.





Na die game; almal redelik gatvol (ons het verloor); laaste toesprake en die uitdeel van die trofees.





Gerrie met sy grootste baber (redelik lein, net oor die 2kg).





Louis met sy grootste karp (5,5kg).







En die Pa Jan en Boet Swanepoel kakpraat wisseltrofee... (kyk daai visvangvingers!!)






Gaan aan Oom Boet vir al sy waar en onwaar stories.


'n Wonderlike naweek wat nie misgeloop mag word nie. Dankie aan Andrew vir al sy reëlings en entoesiasme!!

Drie van die beste!

Tydens 'n onlnagse besoek in die Vrystaat het ons die voorreg gehad om met die drieling kennis te maak. Aninke, Anabelle en Aneldi.





Ons dink... Hier is Marinda saam met Anabelle.






Marinda saam met Aneldi.







En hier is Marinda saam met Aninke.
Ek is nie regtig seker nie. Die ouers gaan my seker bel en korregeer...







Al wat Jan-Hendrik kan onthou van die trip is die drie dinosaurs... ons moes hom met iets besig hou; was bietjie bang dat hy saam met die babatjies wou speel...








En met die tyd het Marinda die babas aan die ouers terug gegee. Hier is trotse Pa DJ saam met een van sy drie dogters.






En hier is Ma van drie!! Ek weet!! Dit lyk nie of sy swanger was nie, verseker nie met 'n drieling nie. Pragtig, gesond, en net smiles - soos ons haar leer ken het. Baie geluk Elmien!!







Alles in die huis is in drieë!! Al waaraan ek kan dink is drie matriekafskeidrokke, drie troues, drie karre, drie universiteitsrekeninge!!! Sterkte DJ. Ons sal ook help!!












En ons was tydens die besoek geneig om van die "groot" kinders te vergeet. Lana is deesdae pragtig - loop teen alles, staan self op, soet, speel saam, vriendelik, en sy het "Pappa", "Mamma", "Nanna", "Naka" mooi onder beheer.


En so groei die familie, en elke baba voeg by nog 'n unieke persoonlikheid. Dis 'n wonderlik tyd!!


(nou wag ons vir die juppies in Johannesburg... no pressure...)





Die straf van die luiperdboom

Die drie luiperdbome by die swembad is nou massive; en elke jaar in die Lente gooi hulle duisende peule af. Niks blokkeer 'n Creepy beter as hierdie peule nie, en dit vlek die swembadvloer.
















Bou en tuin rehab...

Alles wat oud is word uitgeruk. Die tuin kry 'n face lift. Die muurtjie gaan vervang word met 'n nuwe muur.



Ons skuif die swembadpomp, bou vir hom 'n huisie.








Agter die stoep maak ons die plek reg vir 'n kruietuin in potte, dalk 'n plante nursery.




Kyk vir oulaas hoe lyk die klipmuur.


Making a certain pensioner happy!

Ons het 'n hele bakkie vrag vol van Paul Kloeck se clivias gaan koop teen special friendly pryse. KYK!!













Dit is snaaks hoe vinnig soveel plante in 'n groot tuin kan verdwyn... Ons sal maar elke jaar bakkievragte gaan koop. Oor 20 jaar is die tuin vol pragtige clivias.



Pragtige gesiggies!



















My Hand Print



My Hand Print

Sometimes you get discouraged
Because I am so small
And always leave my fingerprints
On furniture and walls
But everyday I'm growing big
And soon I'll be very tall
Then all my little hand prints
Will be hard to recall
So here's a special hand print
Just so that you can say
this is how my fingers looked
when I placed them here today.





Apies in my tuin...

Klein babatjie word nou klein mensie...






Vreeslik cute en vreeslik nuuskurig... baie slim en vriendelik!!





Sy like dit net niks as haar Ouboet haar wil optel nie. Hy speel so bietjie rof...










Geïnteresserde besoekers in ons groen tuin... Stel baie belang in die kinders en die speelgoed.






Ook maar "kindertjies" met klein breintjies en basiese gedagtes. Dit sal my nie verbaas as ek sien dat hulle (kinders en ape) begin saam speel nie... Die honde gaan dit egter nie toelaat nie.


Man met 'n plan


Koppie vol gedagtes, slim plannetjies...