16.5.11

Kamp in die tuin...

Ons praat nou al maande oor die moontlikheid om 'n karavaan te koop; ons wil graag die kinders grootmaak met kamp-vakansies. Karavane kos baie geld, en ek het een naweek gedink dat ek net wil kyk of ons nie tog met relatief min moeite (en baie goedkoper) eerder met 'n tent sou regkom nie. Ek het die tent opgeslaan in die tuin (om te kyk of alles nog daar is). Dit het 'n uur gevat (alleen); en ek was vrek moeg (en so bietjie gatvol) na die tyd...




Boeta het my gehelp waar hy kon..




En ons het 'n lekker vuurtjie gemaak en 'n paar stukkies vleis gebraai daai aand...





Maar toe begin dit reën; ons was papnat hier teen middernag se kant. Ek het so bietjie geveg met my trots; en so bietjie geveg om Jan-Hendrik uit die plas water uit te hou in die hoek van die tent terwyl ons probeer het om te slaap; maar teen 2uur die nag het ons - ek en Jan-Hendrik - koud en nat - druipstert terug in die huis in gegaan en gaan warm slaap in ons eie bedjies.


Die besluit was geneem - karavaan sal dit wees!

Royal wedding!!

Ja - ons het dit ook gesit en kyk. Ek het almal by die werk vroeg huis toe gestuur om die Royal Wedding van ons era te gaan kyk op die TV. Ek dink die hele wêreld het gesit en kyk hoe trou twee vreemde mense in 'n ander land.

Mens wonder hoe lank hierdie huwelik gaan hou... kom ons hoop William aard na sy Ma en nie na sy Pa nie... maar weet ons regtig wie is sy Pa?

Kate lyk na 'n oulike girl... MAAR haar sussie...(!)




Ek dink soms al hierdie "pomp & circumstance" (ek hoop ek spel dit reg) gaan nog die Britte se ondergang wees. Bietjie plastic as jy my vra..







Ek sê mos - daai sussie het 'n lyf wat vir niks skrik nie. Ek wonder of Harry haar nie sommer gegryp het by die party nie... mens sal hom seker nie kan kwalik neem nie...



24.4.11

Blitsbesoek aan Potch

Oppad terug Nelspruit toe het ons vir een aand oorgeslaap in Potch. Andrew se skoonouers, Hentie en sy vrou (Riëtte en dogter (Mariné) was ook daar. Ek dink dis hoe mens haar naam spel; maar ek is nie seker nie...



Sy en Jan-Hendrik was dik pelle van die begin af. Hy het haar net een keer seer gemaak.




Eet hulle saam hulle noodles..




Kyk net my seun se pragtige kop en gesig!!!





Sy's mooi, my seun; ons keur haar goed; sy het baie goeie ouers!





ok... dis dalk so bietjie vinnig...






en julle is hopeloos te jonk om sooo verlief te lyk voor die TV...








Dit was baie lekker om almal weer te sien; die Bothmas het ons seker twee jaar gelede gesien.




Almal lyk so bietjie ernstig...





Hulle praat seker oor Malema; ja, die blksm maak my ook ongemaklik...





Ouma het gehelp om die kinders besig te hou.







Ons het 'n heerlike feesmaal gehad; en natuurlik 'n vreeslike ontbyt die volgende dag. Die vetgemaakde skaap is 'n paar keer geslag in daardie huis daai naweek. En dis net reg - Afrikaners is plesierig, dit kan jul maar glo...



Vinnige kuiertjie in Virginia

Met al die vakansiedae rondom paasnaweek het ons besluit om vir die familie te gaan kuier. Marinda het my een aand so bietjie laat wakker lê toe sy my herinner het daaraan dat ek meer as 'n jaar gelede vir die skoonouers in Virginia gekuier het...



Ons het ook besluit om vir Sussa vir Oupa Wes en Conraad-hulle te gaan wys.




Jan-Hendrik het homself deels besig gehou deur vir onbekende "Sunnyboy" buite in Skoonpa se tuin te gaan help werk..






Die hele familie het beurt gekry om vir Sussa te vermaak..





Jan-Hendrik het (wanneer hy nie in die tuin gewerk het nie) saam met ons TV gekyk.. Dit was daardie week koud en renerig in Virginia.






In die aande was daar maar altyd tyd vir 'n kussing fight..





Oupa en Conraad-hulle was ook daar. Klein Tiaan is ook al reusagtig groot en sterk, en hy het die mooiste blou oë wat ek nog ooit gesien het. Hy en Jan-Hendrik gun mekaar op hierdie stadium niks nie...










Ai, die mammies...





DJ en Elmien het kom kuier vir Pa Chris se verjaardag. Met haar en haar drieling swangerskap gaan dit nog baie goed.







Sussa was verbasend rustig by Conraad. By die res sal sy moan...





Oupa se verjaardagtafel..











Jan-Hendrik het besluit om vir Oupa te help met die kersies uitblaas.


Oupa, Ouma en die jongspan. (Pappa slaap nog)





Vier geslagte in een foto; drie kleinkinders; nog drie wat binnekort kom... dinge gaan goed in hierdie familie!!