Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
2.1.11
'n Onwerklike gedagte...
Ja; dis die laaste dag sonder 'n dogtertjie in ons huis. Ek moet sê - die groot datum het ons stilletjies bekruip; bietjie aangehelp deur onvoorsiene omstandighede... Maar hier is ons nou; laaste dag.
Ons het 'n heerlike lui dag gehad; eers gaan ontbyt eet by die Spur (al die ander plekke is toe); en later het skoonpa vir ons die lekkerste potjie ooit gemaak by die huis en ons het geswem en met Boeta in die tuin gespeel.
1.1.11
Oujaarsdag; 2010!!!
Die einde van die jaar; en ek staan en kyk na my huis, en na my gesin, en ek sien hoe alles goed gaan. Marinda se keisersnit is deur die reserve gynae geskuif na komende Maandag die 3'e (aanvanklike datum was die 12'e). Marinda se eintlike gynae sit in Oudtshoorn. Ek vra die vraag: Wie in sy regte verstand hou vakansie oor Kersfees en Nuwe Jaar? Maar ons aanvaar die dinge wat ons nie kan verander nie; en eintlik is ek bly dat Marinda vroeër verlos gaan wees van die ongemaklikheid; ek weet sy wil weer begin hardloop.
Die kamer is so-te-sê klaar; die kleur en die tema is pienk, en dogtertjie, onderskeidelik. Ek is baie trots op die eindproduk; en ek kan nie wag dat Sussa (Riana / Lana / ons-sal-nog-sien) by die huis gaan opdaag nie; hopelik volgende week Woensdag.
Die Oupas en die Oumas is hier om te kom help met Jan-Hendrik, en hulle wil ook nie die nuwe baba se koms mis nie. Ons kuier heerlik; dis vrek warm in Nelspruit; en vreeslik humied. Ons spandeer lang tye in die swembad. Die Oupas speel met Jan-Hendrik; hulle leer hom swem; doen my 'n hengse guns. Daar is goed wat Oupas beter doen as Pappas...
27.12.10
Wat 'n besige langnaweek!
Wat doen die Swanepoels so oor 'n laaaangnaweek?
Wel, ons tel die dae af voor die koms van die nuweling in die gesin; en ons besef hoe min tyd daar eintlik oor is om die nuwe kamer klaar te maak.
25.12.10
Oukersdag 2010!!
Die dag het begin met 'n baie spesiale kuiergas (en om te dink Kersvader moes nog kom..)
Ons het hierdie outjie bloot toevallig op ons muur gesien; eintlik het hy vir ons gesit en kyk. Hy was nie baie groot nie; ek skat hy was so 80cm lank (sonder sy stert); en hy het hopelik terug verdwyn na die bure se kant toe, want die honde mag dalk net seer kry as hulle hom sou wou konfronteer.
Ons het hierdie outjie bloot toevallig op ons muur gesien; eintlik het hy vir ons gesit en kyk. Hy was nie baie groot nie; ek skat hy was so 80cm lank (sonder sy stert); en hy het hopelik terug verdwyn na die bure se kant toe, want die honde mag dalk net seer kry as hulle hom sou wou konfronteer.
Subscribe to:
Posts (Atom)