Daar het twee jaar verby gegaan sedert my laaste post op hierdie blog. Niks het gebeur nie, ons is gesond en geseënd; ek het net opgehou, want ek dink Whatsapp het net té maklik geraak; maar ek voel tog lus om vandag weer iets te post oor my pragtige gesin.
Jan-Hendrik is 'n groot seun. Hy weeg 60kg. Al sy gewrigte is baie groter as sy ma sn. Hy is musikaal, en speel pragtig klavier. Hy oefen soos 'n nar - speel al sy stukke op al die verskillende instrumente op die Clavinova (btw. ek het vir ons 'n nuwe klavier gekoop, sal binnekort afgelaai word). Hy is nou amper klaar met graad 5 (!); besig met eksamens (skryf môre oor al die godsdienste in LV - dis 'n vak). Hy en sy ma het vandag lekker baklei, en saam op die bank aan die slaap geraak.
Sy sussie is 'n beauty; 8 jaar oud, so slim soos iets vanaf 'n ander planeet. En sy dink sy's een van die boys. Maar sy lees, sy lees elke boek waarop sy haar hande kan lê. Sy is special.