11.9.11

Die aand se dinee.

Die dinee vir my Pa se aftrede simposium was by Anderland, net buite Potch in die omgewing van die Boskopdam en die reunes van Oudedorp. Dis 'n pragtige plek en ideaal vir enige formele funksie. Ek het die fotos van hul website afgetrek.

















Die aand is gekenmerk deur heerlike kos, lekker kuier, en toesprake wat mens trots gemaak het op ons hede en verlede. Ons Swanepoels is baie geseënd!! Met liefde, gesondheid en doel. Dankie Pa; dankie Ma; vir 'n wonderlike lewe!!!!







Oom Paul wat 'n wonderlike toespraak gegee het waar Pa Jan op 'n skerp manier met die groot 5 vergelyk is. Ek het veral die deel van die buffel baie geniet. Die Buffel moet elke dag drink!!!!







Die musiek item was so-so... ons het dalk te min geoefen, maar dit is goed ontvang.








Annies vertel almal hoe "Oupa Jan the best granddad is in the whole world.."







Jan raak diep filosofies...








Ek skerts so bietjiie met die Statistici en hul taal...







Andrew raak diep emosioneel... die drie kontrasterende persoonlikhede vervat in een geenpoel.







En Pa Jan gee ons onder andere insigte oor die lewe van 'n kaalvoetkind in die ou Rhodesia; dit is 'n merkwaardige storie en 'n bron van inspirasie vir ons almal!







Hier verwys hy na vier goed; ek kan nie onthou wat nie... maar dit was vreeslik belangrik.








Vir sommiges het die aand so bietjie lank geraak. Gelukkig was daar 'n heerlike kaggel en banke om op te rus.







Na die tyd het die geselligheid huis toe verskuif, en ek kon sien dat almal (veral my Pa) baie verlig was dat dit a) verby is en b) 'n groot sukses was. Dit was 'n wonderlike aand en 'n groot voorreg om dit by te woon.








Andrew rustig, effe gesuip, en gedress soos 'n Johburger. Ek is mal oor sy style. Ek spot hom soms daaroor... maar ek weet hy weet ek grap net.







Jan en Sussa is groot pelle. Ek dink hy soek dalk nog een...




Die pragtigste kleinkinders!!!

Lana is orals die middelpunt vaan die aandag; en sy begin dit beter hanteer elke dag. Annies en Nelia is mal oor hul kleinste niggie; speel op Oupa-hulle se bed; speel en stoei is mos maar dieselfde ding...





Voer die baba sjokolade - dis die naam van die aktiviteit... daar is sjokolade orals; die beddegoed is een groot gemors..







Oupa baby sit die kinders. Hy is meer bekommerd oor die kleintjies...







Annies benodig geen supervision nie; sy is soos 'n blou-aap in 'n boom. Gravitasie is nie vir hierdie kind 'n bedreiging op enige vlak nie...









Nelia is pragtig soos altyd; vreeslik vriendelik en sy is vreeslik mooi; gaan 'n baie mooi meisie wees die dag as sy groot is; Jan-hulle gaan 'n haelgeweer moet aanskaf om al die kêrels daar weg te hou...








Eintlik is al die Swanepoel kinders pragtig. Kyk hoe mooi is Boeta (met daai vreeslike groot slim voorkop!!)








Gepraat van groot voorkoppe... genetika is darem 'n ding...







En Sussa speel te lekker saam; sy geniet dit vreeslik in die son; want daardie betrokke naweek was weer vrek koud in die Wes-Transvaal...







En Annies pas (glo) die kleintjies op... sy het in 'n pragtige slim en verantwoordelike jong meisie verander!







Die rede waarom alles Oumas moet gesteriliseerde sand koop...







Hy leer hulle hoe om oog op die bal te hou.

Kuier in Potch - Pa Jan se uittree simposium

Hierdie fotos is geneem so 'n maand gelede met my Pa se aftree simposium in Potchefstroom. Al die seuns was daar, asook heelwat van my Pa se lokale en internasionale kollegas. Soos die gewoonte in ons huis nog al die jare was, het Andrew al die werk gedoen (soos bv. braai). Ek het hom maar min gehelp, want (glo ek) mens verander nie aan tradisies wat werk nie.








Andrew, Tanya, Oom Paul en tannie Mia Janssen.





Simos (oorle Victor se vriend) en David Mason; in ligte luim...







Oom Freek Lombard en Francois van Graan.





Die jong manne van die departement.






Oupa sukkel om sy kleindogter Lana gelukkig te hou...






Oom Paul vaar so bietjie beter...







Groot gabbas - Andrew die kok en Oom Noel Veravereke.







Almal kuier dik stukke terwyl die sappies vryelik vloei...






Braaivleis speeches 10 uur die nag; met die tema - Afrikaners is pleiserig!!!








Die aand word toepaslik afgesluit met song en dance...







Oupa sing saam, en het selfs vir ons die Kalfie Wals op die konsertina gespeel.







'n Wonderlike aand saam met vriende en familie!! 'n Aand wat niemand ooit gaan vergeet nie!!


7.8.11

Wilder as die ... wildtuin!

Gisteroggend was ons saam met die ander ervare wildkykers 6 uur by die hekke uit; die plan was om te gaan ontbyt eet by Laer Sabie. Dis donker; ek sukkel om te sien.





Skielik, doer voor ons breek iets die ligte van die kar voor my (seker so 200m voor ons in die pad); ek dink dis niks, seker net rooibokke wat oor die pad hardloop. Toe ons daar kom 20 sekondes later sien ons die volgende; kyk na die fotos. Die bokkie het nog 'n kreun geluid gemaak en die een poot het nog so 'n skop of twee gegee.

Eerste ding wat ek sien is dat hierdie (alleen) wilde hond die bokkie se buik oop ruk asof dit papier is; ruk al die binnegoed (derms, lewer, ens.) met een beweging uit en begin waansinnig aan die sagte vleis van die lieste en onder die ribbetjies vreet; dat jy letterlik net bloed sien spat; ek kon sweer daar was nog 'n pols in die stukkende bloedvate).


Die wilde hond het die hele tyd senuwee-agtig rond gekyk (ek sou later verstaan hoekom), maar hy het letterlik in drie minute al die vleis aan die bokkie heel ingesluk. Hy was bloed tot letterlik agter die ore.


Dit het alles aan die linker kant van die kar langs die pad gebeur; toe sleep hy die dooie bok oor die pad na regs, vat nog twee happe, en verdwyn teen hoë spoed die bosse in. Ons het alles gesien, en ons was die hele tyd alleen. Eers heel aan die einde het 'n tweede kar ook daar aangekom.


Die mense voor ons (Norma Crampton, Wendy Swanepoel-hulle) het niks gesien nie, maar ek skat dit moes minder as 10m agter hulle kar gebeur het. So werk die luck in die wildtuin; dié keer was ons net vrek gelukkig. By verre die beste sighting wat ek en Marinda nog ooit in die wildtuin gehad het.


Dit het alles (ongelukkig) reg voor Jan-Hendrik gebeur; en sy venster was oop - so al daai klanke, vars bloed reuk, laaste kreun-en-steun geluide is deur sy jong breintjie geprosesseer. Ons het vir ure lank vir hom vertel waaroor dit eintlik gaan, en ek dink hy verstaan.


Ek was net weer hiper bewus van die natuur se moeilik-om-te-verstaan manier, voedselketting, "savagery", en hoe vinning 'n organisme se fisiese integriteit kan verdwyn.

Geniet hierdie fotos; ek dink nie ons gaan dit gou weer sien nie!!



















Skaars twee kilometers op met die pad; hiënas... die wilde hond se senuwee-agtigheid was heeltemal geregverdig. Die "cleaners" is oppad; hy staan nie 'n kans teen hulle krag nie.








Die res van die dag het ons baie mooi wild gesien - olifante, seekoeie, baie koedoes, ens.























Vars gevangde vis op die dam se wal; mens wonder waar die vanger van die vis sit en wag vir sy kans om die vangs te kom nuttig.








Mannetjie ook verbaas oor alles way hy in een oggend (eintlik in twee ure) gesien het. Julle sal merk dat hy nou al twee dae lank dieselfde klere dra...







Een bobbejaan...






Twee bobbejane...








(met 'n moerse diep gat teen die kop wat hy teen een van die cosmetics counters in Mopani apteek opgedoen het; die wond ooze nou al drie dae lank; ons moes seker maar laat steke insit het, maar ek het darem oor die jare geleer dat die liggaam homself beter genees as enige algemene praktisyn daar buite; mens hoed nie altyd te treat nie; Mopani is so bang ons dagvaar hulle; maar ek dink tog 'n plek soos daardie moet nie oop skerp glasrakke hê nie; dit kon sy oog gewees het...)







Derde bobbejaan; grootliks onbewus van wat rondom haar gebeur het vanoggend.








Ons het al wonderlike goed gesien in die plek, maar ek dink vanoggend was baie spesiaal...



Ek moes kom werk gistermiddag en vandag (Maandagoggend). Die family is nog saam met die Meyers in Skukuza. Ek gaan nou-nou weer by hulle aansluit.


Oppad uit gistermiddag het ek tussen Skukuza en Phabeni 'n pragtige groot luiperd mannetjie gesien langs die pad, maar ek het die kameras by Marinda gelos, en my foon was pap. Ek kon geen bewys kry nie. Maak nie saak nie - ek het dit baie geniet om vir 'n verandering net na die pragtigste dier in Afrika te sit en kyk.