30.7.11

Jessica!!!

Een saterdagoggend vroeg begin ons al mooi maak vir die groot partytjie.

Jessica Matthysen word 1!!!






En my hare word netjies gekam; mens moet mooi lyk by jou Pa en Ma se potensiele aanstaande skoondogter se verjaardag.





En ek het besluit om 'n groot knop op die kop saam te neem; verwerf teen die hoek van die badkamer muur...





Die koek was spektakulêr (dis 'n lelike woord wat ons leen by die Engelse); Marina het al weer bewys dat sy 'n fantastiese koekebakster is. Pragtig!!!






Jessica!! Die eregas geklee in 'n feeprinsessie outfit. Sy lyk ook so bietjie oorbluf met al die pragtige goed rondom haar.






En sy wonder seker wie de dinges is al hierdie mense...






Ek het die geleentheid gesien om ook saam met my eie dogter mooi fotos te neem. Sy het die fees-atmosfeer behoorlik aangegryp, en met haar (4) tande heerlik begin smul aan al die eetgoed.















Jan-Hendrik het teen 'n spoed met die tafel se hoek kennis gemaak; en 'n sny in die bolip was die gevolg. Die rooi om sy mond is nie sweets of koeldrank nie, maar bloed; hy was so effe trots daarop...






Die foto wat ek nou al vir amper twee jaar wens ek kon neem. Johan en sy eie kind by dié se eerste verjaardagpartytjie. Dis 'n ding wat ek weet hy begeer het; en die droom het waar geword. Wat 'n wonderlike voorreg!!!





NOG 'n heerlike dag saam met wonderlike mense in die warm Laeveld winterson...

Verskuif die kuier na Pelgrimsrus

Ons het een aand saam met die toer spannetjie (Kapenaars en Potchefstromers) in Pelgrimsrus gaan slaap; heerlik aandete en die volgende oggend ontbyt geëet.


Die plek is vreeslik skoon; baie netjies; en daar is 'n wonderlike outydse atmosfeer wat nog heers. Dis net spesiaal om te dink wat al alles in die dorpie gebeur het in die afgelope 200 jaar.

Ons het by die Royal hotel oorgebly; dit vat my terug na my kinderdae toe ons verblyf daar oorskadu is deur die dood van 'n ene Cruise (verkleurmannetjie); laaaang storie....










Ons het hier in die ou Bankhuis gebly.. Eens op 'n tyd aan die dokter op die dorp behoort. Sy beste vriend op die dorp was die bankbestuurder. Die dokter het ook die eerste motor op die dorp gery. Snaaks hoe dinge verander het...






Hier is die huis waar Oupa en Jan-hulle gebly het; net om die draai van die bankhuis af...






Die hotel; soos dit nog al die jare gelyk het...






Hierdie is die hoof sitkamer; was vroeër jare die eetsaal; bekend vir die klein vet seuntjie wat so gehuil het oor 'n sterwende verkleurmannetjie dat sy trane in sy sop geval het... (regs in die hoek die tafel waar die treurspel homself afgespeel het).






Eintlik 'n pragtige hotel; ek hoop dit word nog goed deur toeriste ondersteun...











Buite die hotel; die stoep van vele bar fights.






Hier eet ons die aand 'n heerlike en groot aandete; almal saam.






Jan spog met iets; Annette lyk nie beindruk nie...








Sussa was ook daar; al goed deel van die familie.






Ontbyt die volgende oggend; Oupa en Ouma het hulle hande vol...






Annies het help baby sit; met minder sukses.






Dei bankhuis waar ons oorgeslaap het was eers 'n museum; dis eintlik nog steeds 'n museum, maar mense word nou toegelaat om daar te slaap. Pragtige meubels; wonderliek atmosfeer.













Die wonderlike mense in ons lewens...




Ouma..







Oupa (lyk moeg want die kinders hou hom besig...)







Jan (lus vir wildkyk; wil vroeg gaan slaap; so opgewonde soos altyd oor Wildtuin vakansie)





























Ek het bietjie met van die locals gesels en almal is baie negatief - te min geld, te min toeriste, inbrake, diefstal, ens. Ons het niks daarvan gesien nie; die plek is eintlik pragtig, maar ek het begin wonder hoekom dinge dalk bietjie agteruit gegaan het in die ou Oos-Transvaal streek; en toe sien ek dit. Dit maak nou vir my sin...

























































18.7.11

Kapenaars kom kuier

Die niggies kon glo nie wag om hul nefie (Jan-Hendrik) en hul niggie (Lana) te sien nie. Hulle was vir so 10 dae saam met Oupa en Ouma Wildtuin toe, en 'n paar dae by ons kom bly soontoe en weer oppad terug.






Hulle het weer eens luidkeels gespeel op die stoep vir ure. Ons kon omtrent niks hoor nie; toe drink ons maar...







Ouma en haar pragtige kleindogtertjie. Hulle lyk nogal dieslfde.





JH en Annies het saam op die bed aan die slaap geraak elke aand. Pêlle...







Jannie en sy best buddies; die kinders word nou so vinnig groot - Nelia herinner "Jannie" elke nou en dan om sy "laptop" te "chanrge", sodat hulle Wooshy Monsters (of so iets) kan speel op die Internet.





Twee oulike hondjies en een gevaarlike een...







En Sussa is baie tevrede in haar speelgoed boks.












Pragtige Nelia en haar ewe pragtige niggie. Hierdei family broei baie mooi.

Verskriklik koud in Bethlehem...



Ek het ook maar by tye net my kop vasgehou oor die koue in Bethlehem. DJ se swembad is gevries heeldag lank; omtrent 5mm dik; mens kan amper daarop loop...





"Binne" was maar die beste; voor die kaggelvuur speel ons Wii. Jan-Hendrik was mal oor die boks-speletjie; want dis maklik - jy beweeg net jou hande vorentoe en agtertoe; hier-en-daar sal 'n hou val. Great fun...






Bietjie later die karioke.. Dit lyk of hy al die woorde ken, maar hy mompel maar net op een noot; selfs op daardie manier punte gekry... sy Ma ken wel die woorde; van elke song. En later ontdek ek dat die woorde op die screen staan...






Genoeg aksie om mens vlou van die uitputting te maak.






Die volgende oggend sien hulle ons af; dis MOER koud... die kar lees iets belagliks soos minus 3 grade. Die kar het nog nooit so koud gekry nie...





Hier is Elmien omtrent 24 weke swanger; met die drieling. Sy lyk baie gesond; die kleintjies is fine; en hulle (DJ en Elmien) lyk baie gelukkig - kan nie wag vir die koms van hulle bondeltjie(s) vreugde nie...







En hier is pragtige Prada; hulle Great Dane. Sy is 'n baie mooi en lewendige hond; ek was so bietjie skrikkerig vir haar, maar ek is mos maar bang vir alle honde...













Hulle verlang na Nelspruit se hitte... ek ook.






Oppad terug het ons by 'n baie lekker road house gestop vir middagete; in Benoni. Ons was juis lus vir warm slap chips en milk shakes. 'n Goeie stopplek om te onthou vir die toekoms, want deur agter om Benoni te ry, mis mens al JHB se verkeer.








I love my family!!