17.8.13

Fancourt - Montagu

Blits naweek saam met Andrew by Fancourt. Hy speel by Oubaai. Ons speel by Fancourt. Dit is 'n fantastiese plek. Ek wens net ek kon beter gespeel het...

Approach op die 18'e fairway voor die eenheid waar ons bly.

My pragtige vrou!!!

Die sitkamer waar ons en Andrew tot baie laat gekuier het. Andrew het op 'n stadium in sy onderbroek op die tafel gedans; maar ons brei nie verder uit nie... What happens at Fancourt stays at Fancourt...

Begin van die eerste dag se gholf - tee-off op Montagu.

Ek sien al jare daarna uit om op Fancourt te speel. My laaitie het my voorgespring deur 'n dryf tussen die mense in te slaan op die fairway. Ek moet erken, met 'n heelwat beter swing as ek.

Ek en Jan-Hendrik speel solank terwyl Marinda gou met die gholfkarretjie terug gery het huis toe om Lana se doek te gaan ruil (op die 2'e)

Enige gholfer se droom; gholf hemel...


En almal slaap lekker daardie aand na ure in die son. 'n Goeie lewe...

Klink 'n glasie op ons nuwe erf!!!

Die erf is uiteindelik ons s'n (Mei 2013). Ons kom klink 'n glasie op die begin van 'n nuwe lewe.


Sussa het self 'n glasie met bietjie Coke.

Mamma en haar prinses.

Die koningin met die kroonprins.
Die koning neem die foto.

2.4.13

Lekker by die huis saam met Oupa en Ouma

Jan-Hendrik is ‘n seerower. En hy neem sy rol baie ernstig op.



Sussa is sommer net Pappa se prinses.



Rassie is sy favourite hond (Naka is mos myne).





Best buddies!!















Pappa se plakkies en gholfhoed.



Lekker speelplekke

Die lekkerste klimraam in Oos Londen is Pappa se bakkie.

Kyk net my pragtige handsome seun!!











Die dag was net te lank




1.4.13

Vakansiedag saam met die gesin

Ons het 'n heerlike rustige vakansiedag saam geniet, o.a. gaan eet by een Brady's Cafe net buite Oos Londen. Die kinders het mal gegaan. Daar i sheerlike speelplek vir die jongspan, en die kos was uitstekend. Daar is 'n oorvloed van kleure en geure. Ek kon nie help om aan te hou click nie. Hier is net 'n paar voorbeelde van die pragtige plante.



Sussa wil ook fotos neem, maar sy doen dit nog so bietjie verkeerd.

Jan-Hendrik pose nou elke keer vir 'n foto met sy gat na bo...
Ek gaan met hom sukkel as hy die dag 16 is.











Hy het verskeie kere vir minute lank net weggeraak; die plek gaan verken.

“Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan. Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

'n Duisend pragtige gesiggies