9.10.12

Ons laaste wildtuinbesoek as Nelspruiters

Dit was einde Augustus. Die naweek na my konsert saam met Zanta Hofmeyr, net 'n wegbreeknaweek saam met die kinders, Oupa Jan, Ouma Corrie en my pragtige vrou Marinda. Om good-bye te se vir die wildtuin in al sy prag.

 




Kyk die beeste...




Leftie hou hom besig met fine art wanneer die son onder is.


En hy klim deesdae teen alles op, "soos 'n apie"


Lekker laf, vreeslik spiteful wanneer ek die kamera uithaal.



Beste maats deesdae. Sy dink hy's vreeslik snaaks.


Jan snr & Jan jnr


Ons het pragtige wild gesien. Dis amper asof die wildtuin homself vir ons ten toon gestel het op ons laaste besoek. Was wonderlik!!













Ek en my prinsessie!!!



By Laer Sabie.











Pen in die mond..


Want so word sy geleer.





1.10.12

Gholftoer 2012

Die gholftoer was ongeveer 6 weke gelede (ja, sorry, ek weet my blog is ver agter). 
Een oggend baie vroeg ry die manne (en 'n paar dames) Johannesburg toe om die gholftoer te begin.


Die eerste baan wat ons gespeel het was die ou legendariese JHB country club.
Greens seepglad; res van die veld geel en dood maar nog goed onderhou.



Mel Stronkhorst in die diep rof..


Mel diep in die moeilikheid tussen die bome. 
Word verplig om linkshandig die bal uit te speel fairway toe.


Die beste caddy op die toer (Nicker, sound like ...)


Mel was ook soms op die fairway, maar min.


Paul Theron le aan om die bal ver te probeer moer.


Die lekker kuier na die tyd, soos elke jaar word ons soos royalty behandel.


Die aand op die lughaw in JHB (foto geneem uit my hotelkamer uit).


Die ovlgende oggend (vrek vroeg), wag ons vir ons vlug Durban toe.


Aankoms in Durban. Dit reen.


Zimbali hotel. Fantastiese fasiliteite.



En die baan self uitstekened.


Jacques Henning (soos altyd) sorg vir eksotiese gholf.


Stating the obvious.


Cutting it close.



My dryf op die signature hole was lank en reguit. 
Trots op myself.

Willie het my probeer copy.


Leef in weelde.

Sias, my buurman en room mate. Slaap met 'n kussing oor sy kop. 
Shame; ek moes vreeslik gesnork het...



Dag 3 - Mount Edgecombe. Nog 'n fantastiese baan.





Jean Nel het gereeld die bal gevloek, maar hier het die bal se ma ook deurgeloop...


Dag 4 - Durban country club (Beachwood).


Heerlike baan met pragtige gate. Teen die see.



Die gholftoer was weer eens 'n belewenis.
Ek het dit vreeslik geniet.
Thanks, Mediclinic!!!

23.9.12

Modderkoekies...

Die kinders hou daarvan om vuil te wees. Hoe meer modder, hoe beter.
Dis eintlik Jan-Hendrik se speletjie, maar Sussa doen alles wat hy doen.




En arme Naka loop ook maar deur.



Hallo liefie!!!!


Small things...

Sussa is vreeslik trots op haar nuwe pienk doekesak. 
Ek het dit vir haar op die lughawe gekoop oppad terug van ons gholftoer af.
Dit was nie eintlik as 'n doekesak bedoel nie...


En so begin dit...



JW!!

Die beste 8 ure op die pad ooit. Ons het besluit om vir JW te gaan kuier. In die kar gespring op 'n Saterdagoggend, Johannesburg toe gery, 'n uur gekuier en terug gery. Hy is 'n pragtige jong man; 'n waardevolle toevoeging tot die familie; en hy is al waaroor die Nelspruit Swanepoels praat vir maande.

'n Reuse voorreg om uiteindelik vir JW te kom groet. Baie geluk julle!!!!