11.9.11

Ou tjomme...

Tinus is 'n skoolvriend van Andrew. Hulle het saam groot geword, saam rugby gespeel en saam gesing. Tinus en sy gesinnetjie het onlangs om die hoek van my Pa-hulle se huis ingetrek, en hy het een aand saam met ons by die huis kom kuier.















O HEER MY GOD - AS EK IN EERBIED WONDER
EN AL U WERKE - ELKE DAG AANSKOU
DIE SON EN MAAN - DIE AARDE, STERRE, WOLKE
HOE U DIT ELKE DAG - SO ONDERHOU











EK SIEN DIE VELD - DIE BOSSE, BERGE, VLAKTES
EK HOOR HOE FLUISTER - GRASSE, BOOM EN WIND
O HEER U SORG - VIR KLEIN VIR GROOT VIR ALLES
EN U SORG ELKE DAG - VIR MY U KIND

DAN MOET EK JUIG
MY REDDER EN MY GOD
HOE GROOT IS U
HOE GROOT IS U
WANT DEUR DIE HELE SKEPPING KLINK DIT SAAM
HOE HEERLIK HEER U GROTE NAAM


The day after the dinner before...

My skoonouers het vir die dag deurgery Potch toe en hulle het vir klein Tiaan saam gebring. Almal was lekker uitgerus na die besige aand van tevore; die hele familie het net gesit en kuier, met 'n dubbel-en-something in die glas en 'n storie om te vertel. Alles is bespreek.








Marinda maak of sy nie die kakstorie glo wat my Pa vertel nie. Ek neem haar nie kwalik nie.







Pa Jan - die rustigheid self...







Ouma Riana en haar naamgenoot.








Oupa Chris en syne.








En so hou die "kinders" hulself jonk. Almal het na 10 minute se speel gesukkel om asem te kry; sommiges van ons het eerder gaan sit.







Andrew het oudergewoonte gewen. Maar die kwaliteit van spel is nie wat dit was nie... seker maar die kwaliteit van die toerusting...

Die aand se dinee.

Die dinee vir my Pa se aftrede simposium was by Anderland, net buite Potch in die omgewing van die Boskopdam en die reunes van Oudedorp. Dis 'n pragtige plek en ideaal vir enige formele funksie. Ek het die fotos van hul website afgetrek.

















Die aand is gekenmerk deur heerlike kos, lekker kuier, en toesprake wat mens trots gemaak het op ons hede en verlede. Ons Swanepoels is baie geseënd!! Met liefde, gesondheid en doel. Dankie Pa; dankie Ma; vir 'n wonderlike lewe!!!!







Oom Paul wat 'n wonderlike toespraak gegee het waar Pa Jan op 'n skerp manier met die groot 5 vergelyk is. Ek het veral die deel van die buffel baie geniet. Die Buffel moet elke dag drink!!!!







Die musiek item was so-so... ons het dalk te min geoefen, maar dit is goed ontvang.








Annies vertel almal hoe "Oupa Jan the best granddad is in the whole world.."







Jan raak diep filosofies...








Ek skerts so bietjiie met die Statistici en hul taal...







Andrew raak diep emosioneel... die drie kontrasterende persoonlikhede vervat in een geenpoel.







En Pa Jan gee ons onder andere insigte oor die lewe van 'n kaalvoetkind in die ou Rhodesia; dit is 'n merkwaardige storie en 'n bron van inspirasie vir ons almal!







Hier verwys hy na vier goed; ek kan nie onthou wat nie... maar dit was vreeslik belangrik.








Vir sommiges het die aand so bietjie lank geraak. Gelukkig was daar 'n heerlike kaggel en banke om op te rus.







Na die tyd het die geselligheid huis toe verskuif, en ek kon sien dat almal (veral my Pa) baie verlig was dat dit a) verby is en b) 'n groot sukses was. Dit was 'n wonderlike aand en 'n groot voorreg om dit by te woon.








Andrew rustig, effe gesuip, en gedress soos 'n Johburger. Ek is mal oor sy style. Ek spot hom soms daaroor... maar ek weet hy weet ek grap net.







Jan en Sussa is groot pelle. Ek dink hy soek dalk nog een...




Die pragtigste kleinkinders!!!

Lana is orals die middelpunt vaan die aandag; en sy begin dit beter hanteer elke dag. Annies en Nelia is mal oor hul kleinste niggie; speel op Oupa-hulle se bed; speel en stoei is mos maar dieselfde ding...





Voer die baba sjokolade - dis die naam van die aktiviteit... daar is sjokolade orals; die beddegoed is een groot gemors..







Oupa baby sit die kinders. Hy is meer bekommerd oor die kleintjies...







Annies benodig geen supervision nie; sy is soos 'n blou-aap in 'n boom. Gravitasie is nie vir hierdie kind 'n bedreiging op enige vlak nie...









Nelia is pragtig soos altyd; vreeslik vriendelik en sy is vreeslik mooi; gaan 'n baie mooi meisie wees die dag as sy groot is; Jan-hulle gaan 'n haelgeweer moet aanskaf om al die kêrels daar weg te hou...








Eintlik is al die Swanepoel kinders pragtig. Kyk hoe mooi is Boeta (met daai vreeslike groot slim voorkop!!)








Gepraat van groot voorkoppe... genetika is darem 'n ding...







En Sussa speel te lekker saam; sy geniet dit vreeslik in die son; want daardie betrokke naweek was weer vrek koud in die Wes-Transvaal...







En Annies pas (glo) die kleintjies op... sy het in 'n pragtige slim en verantwoordelike jong meisie verander!







Die rede waarom alles Oumas moet gesteriliseerde sand koop...







Hy leer hulle hoe om oog op die bal te hou.

Kuier in Potch - Pa Jan se uittree simposium

Hierdie fotos is geneem so 'n maand gelede met my Pa se aftree simposium in Potchefstroom. Al die seuns was daar, asook heelwat van my Pa se lokale en internasionale kollegas. Soos die gewoonte in ons huis nog al die jare was, het Andrew al die werk gedoen (soos bv. braai). Ek het hom maar min gehelp, want (glo ek) mens verander nie aan tradisies wat werk nie.








Andrew, Tanya, Oom Paul en tannie Mia Janssen.





Simos (oorle Victor se vriend) en David Mason; in ligte luim...







Oom Freek Lombard en Francois van Graan.





Die jong manne van die departement.






Oupa sukkel om sy kleindogter Lana gelukkig te hou...






Oom Paul vaar so bietjie beter...







Groot gabbas - Andrew die kok en Oom Noel Veravereke.







Almal kuier dik stukke terwyl die sappies vryelik vloei...






Braaivleis speeches 10 uur die nag; met die tema - Afrikaners is pleiserig!!!








Die aand word toepaslik afgesluit met song en dance...







Oupa sing saam, en het selfs vir ons die Kalfie Wals op die konsertina gespeel.







'n Wonderlike aand saam met vriende en familie!! 'n Aand wat niemand ooit gaan vergeet nie!!