Ons het seker gemaak dat die plek mooi netjies is, maar die netheid het letterlik net 'n paar minute gehou - kinders is soms effens verwoestend...
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
23.4.11
Die hele familie kom kuier!!
Vir Lana se doop (en sommer ook vir die viering van ons 12'e huweliksherdenking) het ons amper die hele familie hier gehad. Andrew en Tanya, Jan en die span (Annette, Annies, Nelia), DJ (Elmien kon ongelukkig nie kom nie), en al die Oupas en Oumas was hier. Conraad het onlangse oogoperasies gehad en hy en Verushka kon nie kom nie.
Ons het seker gemaak dat die plek mooi netjies is, maar die netheid het letterlik net 'n paar minute gehou - kinders is soms effens verwoestend...
En hulle het elke aand moeg gaan slaap; die klomp (en sommer ook die bure se dogtertjie) het mekaar stukkend gespeel!
Die helikopter was een van die vele geskenke wat Nelspruit toe gekom het. Jan-Hendrik slaap omtrent saam met hierdie helikopter (al 'n paar keer stukkend)

Die Oupas moes maar rus wanner hulle die geleentheid gekry het; eintlik het niemand daardie naweek gerus nie. Daar was net te veel wat moes gebeur...
Dit was 'n lekker warm naweek in die Laeveld (mens kan dit nou - 3 weke later - glad nie glo nie; blerrie yskoud soos ek hier sit). Daar is die hele tyd geswem en gespeel. Die "helikopper" "vlieg" heelwat vinniger as jy met hom in die hand teen 'n moerse spoed kaalgat om die swembad ry op die skoetertjie... een van daai goed wat mens nooit objektief sal kan navors nie...
Jan was so bietjie siek, maar ek dink selfs hy het so bietjie ontspan in die Laeveld se lekker warm weer. Hy't al ons pynpille opgedrink... glo hoofpyn... griep, of so iets...
Tanya en ek het so bietjie te diep in 'n paar bottels goeie wyn gekyk; plaaslik aangeskaf; kwaliteit so-so; julle weet mos ons verskeidenheid in die Laeveld is so effe beperk. Ek moes dalk iemand gevra het om vir my goeie wyn van die groot stad af saam te bring... NET 'N GRAPPIE, TANDJIES!!!
Zamalek... 3 miljoen mynswartes kan mos nie verkeerd wees nie... so sê Andrew, en hy KEN daai manne...
Kyk net hoe groot het al die pragtige dogters geword... Annies begin meer en meer soos haar Ma lyk...

En Oupa Chris kyk of daar iets van hom in klein Lana se gesiggie is... sy lyk weer baie soos haar eie mamma...
Dit was nie baie moeilik om vir Jan-Hendrik besig te hou nie; daar was speelgoed, kryte, potlode, boekies, stickers... ORALS.... Kyk daai hotklou... En daai hot ma...
Daar is rondom die vuur baie k@k gepraat; trust my...
Slaap eers na daar musiek gemaak word. Annie speel pragtig die klavier; Nelia wil so graag, en Jan-Hendrik dink hy kan...



Ons padda kuiergas het natuurlik weer sy verskyning gemaak by die huis; buite het ek en my skoonpa die SASOL paddaboekie gevat en hom mooi geidentifiseer as een-of-ander skuimpadda (regte naam reeds vergeet). Tans sit hy doer bo op die horlosie teen die muur in ons slaapkamer, en hy is nou al daar (in dieselfde posisie) vir omtrent drie weke... presies bo-op die 12 uur posisie. Ek los hom maar; ek wil graag kyk wat sy plan is..
Weens 'n natterige deurslaandoek het Jan-Hendrik groot vreugde verskaf deur die niggies se pienk goed aan te trek; eintlik dink ek dat hulle dit vir hom aangetrek het...
Ons het seker gemaak dat die plek mooi netjies is, maar die netheid het letterlik net 'n paar minute gehou - kinders is soms effens verwoestend...
5.4.11
Die elemente...
Massive storm in Nelspruit so 'n week gelede. Bome en takke - stukkend; telefoonlyne - stukkend; by ander manne se huise is die dakke stukkend, mure - stukkend, karre - stukkend; shame... My enigste skade is die telefoonlyn (wat reeds reg gemaak is), en 'n groot tak van die buurman se boom het oor die muur geval en so halflyf op ons stoor te lande gekom. Probleem reeds opgelos (danksy skoonpa Chris).
Nuwe vloer - episode soveel...
Pragtige prinsessie!!
Parratjie van 'n ander soort...
Ek mik een aand om die bedliggie af te sit, en voel toe iets vreemds skrikwekkend. Ek het op daai oomblik gedink dis 'n slang, en ek het 'n gil gegee soos 'n klein dogtertjie. Ek het hom toe later gevang en by die venster uitgegooi op die vyeboom se tak.
Hy was die volgende oggend weer terug (of dalk was dit 'n ander een); weer gevang en uitgegooi. Dis nie 'n gewone padda nie; net so groot, maar heelwat sterker, met lang tone, spring vreeslik ver, loop met sy vier pote, klou vas teen die muur, en hou aan vertikale goed vas soos aan 'n riet. Een-of-ander skuimpadda (so sê dit in Ciska se boek).
Elke Dinsdagoggend 7 uur...
Bushpath 2011
Twee naweke gelede was ons bietjie Pilanesberg toe vir 'n mini-kongres. Uitstekende sprekers en 'n perfekte venue (Kwa Maritane). Ons het by Bakabung gebly; ek het elke oggend so 10 minute op die pad gespandeer. In die bos; wonderlike uitsig oor die veld. Dit het omtrent die hele tyd gereën; wildkyk was nie op die lys van prioriteite nie.
Ons het probeer rus; maar met 2 klein kiddies is rus soms nie moontlik nie. Gelukkig het Oupa en Ouma uit Potch kom kuier vir twee dae. Daarna het JH 'n week by elke Ouma (en Oupa) gaan kuier. Die lewe is maar baie sleg sonder die mannetjie. Ons het hom vreeslik gemis.
Sandput uiteindelik klaar..
Vol met sand en speelgoed; soms vol kinders - 'n sandput is 'n absolute moet vir enige tuin. En ons sandput is voltooid na maande se uitstel. Ek besef net ek moes dit maande gelede al klaar gemaak het.
Dis 'n lekker plek om jou bunker shots te oefen, en as jy dit nie regkry nie kan jy altyd jou wedge net begrawe...
Subscribe to:
Posts (Atom)