Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
3.3.11
Stap saam met my seun!!
Die môre stond lê goud in die mond!! So het ek en Jan-Hendrik die voorlaaste oggend by die see net weer besef toe ons 'n lang ent gaan stap het op die strand. Net ek en hy - en die son, see, natuur, Skepping, Skepper. Almal was daar!


Ja my seun; daar kom die son!!

En tussenin is daar orals mense wat probeer om 'n lewe te maak; mense besig met hul eie dingetjies; mense wat dink hulle is alleen... Mens is nooit alleen nie.
Iemand, of iets hou jou die hele tyd dop.
Ons het seker twee kilometers ver gestap; eers Noord, toe omgedraai, toe Suid, toe terug gedraai en 'n draai deur die dorp gestap. Ons beide met ons growwe kaal pote.
Ushaka not so marine world...
En so gaan ons een oggend Ushaka toe; om vir Boeta die vissies te gaan wys. Pragtige plek! Hy weier om in sy stoeltjie te sit; wil dit eerder self stoot. Alles is "ek wil self" deesdae!!!


Ons het redelik honger daar opgedaag, en het besluit om gou iets te gaan eet. Toe loop ons verby die "Dangerous animals" uitstalling; besluit om in te gaan; wat 'n wonderlike verrasssing!! Tientalle pragtige slange, paddas, spinnekoppe, ens. alles goed wat jou kan seer- of dood maak. My kind of stuff.
Nog nooit gedink 'n boomslang is nie groen nie...
Die groen mamba is wel groen, maar die swart mamba is nie swart nie...
En kleurvolle paddatjies was nog altyd daarvoor bekend dat hulle manne se einde kan beteken...
Die mooiste slang in die versameling. Die Gaboenadder. Ek dink dié was die aanvanklike slang in die Adam en Eva verhaal... Lyk ook sommer dodelik!
Mooi Taratula (of so iets..). Dodelik!! Nie giftig nie, maar dit kan jou 'n hartaanval of fatale rektale bloeding gee...
Die Spur was langsaan; en hulle verkoop die grootste 350g T-bone steaks in die wêreld. Toe hê ons twee... Jan-Hendrik het al die swart kiddies op die Spur-trampoelien geleer om te tel in Afrikaans. Very funny!!
Gholf op Prince's Grant
Ek wou al lank al hier kom speel. Afgelope Vrydag oggend het ek die gap gesien en kom speel. Was so bietjie laat en bevind myself toe agter twee stadige 4-balle. Nelspruiters nogal. Ek het tyd gehad vir mooi fotos. Ek was baie rustig oor die idee om te wag vir die manne voor my totdat die eerste afgetrede 65-jarige silwer-grys Duitser wat sukkel om Engels te praat met my kom baklei (die blksm agter my); glo my skuld dat hy so stadig speel. Sy eie caddy (gietswart Zoeloe) het net sy oë gerol; ek was nie alleen nie... Tattie, my buddy!!
Toe strip ek my mur; sê vir hom presies hoe 'n groot pphl hy is, en al sy voorsate, Hitler, die Nazis, die hele blerrie spul; ek gaan in 2 minute deur die stadige Boere uit Nelspruit; vertel vir hulle ook wat om te verwag van die ou Duitser. Die een ou (groot vlesige man met rooi wange en 'n brandewynneus) het net gesê: "Laat die blksm kom!! Ons sal hom laat welkom voel!!". Snaaks; ek het die Duitser die hele dag nie verder gesien nie. Afrika is darem 'n harde plek vir 'n ware Europeër... Seker die velle son en ander elemente.
Maar dit is 'n mooi plek... mooi baan; so effe irriterend perfek; redelik maklik...
met eg Natalse Engelse effe "corny" tee box markers, elk met 'n naampie...



... huisies, huisies, huisies... almal staan met deure en vensters toe; nobody home (laat my dink dat daar nog Duitsers hier kon gewees het; dankbaarheid daal oor my neer... een is seker nie so bad nie...)
"Spectacular golf course!!" dink ek in my eie kop (met 'n ou Duitser se aksent hoor ek dit... "Spektakuläre Golfplatz!")
Dit laat my dink oor die kultuur van gholf, en hoekom ons so mal is daaroor. Ek besef dat gholf slegs lekker is as jy dit saam met of jou vrou, of jou kind, of alleen, of saam met 'n enersdenkende buddy kan doen. Gholf het niks met die baan te make nie...
Toe strip ek my mur; sê vir hom presies hoe 'n groot pphl hy is, en al sy voorsate, Hitler, die Nazis, die hele blerrie spul; ek gaan in 2 minute deur die stadige Boere uit Nelspruit; vertel vir hulle ook wat om te verwag van die ou Duitser. Die een ou (groot vlesige man met rooi wange en 'n brandewynneus) het net gesê: "Laat die blksm kom!! Ons sal hom laat welkom voel!!". Snaaks; ek het die Duitser die hele dag nie verder gesien nie. Afrika is darem 'n harde plek vir 'n ware Europeër... Seker die velle son en ander elemente.
Maar dit is 'n mooi plek... mooi baan; so effe irriterend perfek; redelik maklik...
"Sal jy weer daar wil speel?"
Nooit gedink dit kan so 'n moeilike vraag wees om te beantwoord nie...
Ek sal seker weer daar wil speel, maar indien ek nie kan nie sal dit my waarskynlik nie pla nie.
Dit laat my toe dink oor my sterfbed... (moenie worrie nie, Ma) ... Sal ek aan Prince's Grant dink op my sterfbed? VERSEKR NIE...
... maar ek sal aan gholf en gholfbane dink.
Ek sal dink aan die dryf op #10 op Potch; hoe ons as laaities altyd gegaan het vir die green en dit nooit raak geslaan het nie; en ou Matilda op #12, hoe ek altyd in haar skaduwee gaan lê het en haar takke raak geslaan het in 'n poging om om haar te kom; en ek sal die ou 15'e onthou - was selfs vir my net 'n PW; en ek sal onthou hoe ek altyd (selfs onlangs) my dryf op #6 rivier toe gestoot het...
En ek sal dink aan my gunsteling baan van alle tyd - Krugersdorp; die perfekte drywe op #1 (elke keer); die perfekte drywe op #5 (elke keer); die perfekte drywe om die draai op #8 (elke keer); die k#k drywe op #12 (elke keer, en die keer wat ek my drywer se shaft gebreek het in reaksie); die lang bome op #16 (kon net nooit dit regkry om by hulle verby te kom nie...)
En ek sal dink aan Nelspruit se baan; die pragtige kortgate #5, #13, #17; die pragtige bome; die groot vyeboom op #18; die as-'n-reel birdie op par 5 #4; die as-'n-reel bogey op Par 4 #18; en die enkele kere wat ek self my sak gedra het in die Nelspruit Somer...
Lyk my dit gaan oor meer as perfekte manicuring, groot huise, buitelandse beleggers. Gholf is 'n ervaring vir die siel...
Sussa is ook met vakansie...
Elke oggend BAIE vroeg...
Ek en my seun se roetiene by die see - begin met 04:30 opstaan; nanna maak; biebies kyk; verder slaperig voel; nog so bietjie snork; ongemaklik lê op die goedkoop banke in die vakansie flat; kyk hoe kom die son op; verlang na minute gelede toe die son ook nog geslaap het; snork die res van die huis wakker; kyk nog biebies; begin beplan aan die son-gevulde dag wat voorlê...

Subscribe to:
Posts (Atom)



